Skouspel van liggies skop kleurvol af
“Elke toegangskaartjie maak ‘n verskil vir die sowat 300 skoolgaande kinders by Jakaranda- en Louis Botha Kinderhuis.” Charlene Grobler, hoof uitvoerende beampte
Honderde Pretorianers het deur die hekke vir die 14de Jakaranda-kinderhuis Liggiefees in East Lynne gestroom toe dit op 18:00 Vrydag, 29 November oopswaai.
Die Liggiefees is amptelik geopen met die knip van ’n lint deur die voorsitter van die kinderhuis, ds. Danie Janse van Rensburg.
Hierna kon die Liggiesfees-gangers om die groot sirkel stap met individuele huise waarin die kinderhuisbewoners saam met hul huisouers woon, om ’n skouspel van lig te aanskou. Elke huis is met ’n verskillende tema helder belig en opgemaak.
Huis Nommer 8 was “Moot tot die Dood”. Huis nommer 13 het knortjorresies uitgebeeld met twee gelukbringers en die huisvader, Jan van Deventer wat Liggiesfees-gangers gehelp het om in een van die knortjorre te klim.

’n Stadige treintjie ry van die stasie naby die teetuin om die sirkel met die versierde huise vir diegene wat nie vir die rustige staptog kans sien nie.
Hekke open om 18:00 en sluit saans om 22:00. Kaartjies is beskikbaar en pryse is presies dieselfde as verlede jaar toe 65 000 mense hierdie jaarlikse fondsinsameling van die kinderhuis ondersteun het.
Volwassenes se kaartjies kos R50 per persoon, pensioenarisse en skoolgaande kinders betaal R30 per persoon en kinders onder drie jaar kan gratis ingaan.
Charlene Grobler, hoof uitvoerende bestuurder, sê “elke toegangskaartjie maak ’n verskil vir die sowat 300 skoolgaande kinders by Jakaranda en Louis Botha Kinderhuis”.
Liggiefees-gangers kan by meer as 27 kosstalletjies ’n draai maak asook by die teetuin waar gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Nicholas Louw, Leon Gröpp, Cordelia en Tian Nienaber gaan optree.
’n Groot trekpleister is die immergewilde Groot Wheel, Dubbel Carousel en Superhelde Terreintrein van die karnaval en is teen hul eie, individuele toegangsfooie by die Liggiefees beskikbaar.
Veilige parkering is by FH Odendaal-skool teen R30 per voertuig beskikbaar.
– Kliek hier om ’n video van die Liggiesfees-uitstallings te sien.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.









