Local newsNews

Droom verwesenlik om voete terug in kerke te kry

Die koffiewinkel-droom wat begin het om kerke weer vol te kry na die Covid-19 pandemie, is binne drie jaar met toewyding en veel genade verwesenlik.

Bekende en geliefde gospelsanger en leraar in Elarduspark by Every Nation-kerk, Retief Burger, het met die bekendstelling van die Passievol gospelkonsert, sy week-oue nuwe vrystelling “Wees stil” gesing.

Burger sê mens moet liedjies kan skryf waarin jy self glo.

Hy het ook as deel van die bekendstelling meer vertel van hoe hy in 2023 deur “’n uitdagende tyd” gegaan het toe daar na ’n oogtoets bevind is hy het ’n gewas op die pituitêre klier in sy brein.

Burger, ’n pa van drie, het na behandeling en ’n ruk se genesingsverblyf saam met sy gesin in sy geboorteland, Namibië, in 2024 weer voltyds begin optree.

Lizelle Maree, Retief Burger en Quentin Honeyborne

Hy het tydens die Passievol-bekendstelling die liedjie “Net een naam” gesing wat hy na sy genesing geskryf het.

“Dis ’n liedjie vir gewone mense in ’n gewone wêreld. Mense dink ons sterre het perfekte lewens, maar ons het doodgewone lewens.”

“Wees stil” is ’n uitvloeisel van die projek wat hy saam met ander Afrikaanse kunstenaars aangepak het om vars Afrikaanse lof- en aanbiddingsliedere te skep.

Afrikaans is juis een van die raakpunte waarop die stigters van die Passievol-konsert, Coenie Schoeman en Willem Badenhorst, op besluit het toe hulle in ’n koffiewinkel op die konsep van Passievol-konserte besluit het.

Badenhorst, ’n leraar by die Moreletakerk, het vertel hoe die oorspronklike idee gebore was uit die behoefte om na die Covid-19-pandemie weer mense terug in die kerk te kry.

“Ons het op ’n musiekkonsert besluit, maar nie veel van die aanbieding daarvan geweet nie.”

Tot sy eie en Schoeman se verbasing het mense in hul duisende na die eerste konsert drie jaar gelede gestroom.

“Ons hoop om vanjaar weer meer as 5 000 konsertgangers te verwelkom,” hoop Badenhorst.

Die konsert is in 2023 vir die eerste keer by Moreletakerk in Pretoria aangebied.

Die opvoering bring jaarliks van die land se top Afrikaanse geestelike musiekkunstenaars, kore en dansers voor ’n gehoor van bykans 6 000 gaste byeen.

Ander kunstenaars wat optree is Riana Nel, Demi Lee Moore, Coenie Schoeman en Ruan Josh.

Die komponis en vervaardiger, Johan Kelber, is die musiekregisseur. Hy het ook ’n spesiale lied vir die konsert getiteld “Passievol” geskryf en gekomponeer vir die produksie.

Johan Keulder en Retief Burger
Venessa Schoeman

TV-aanbieder, skrywer en motiveringspreker, Lindie Strydom, is die aanbieder van die konsert en storieverteller.

Organiseerder Venessa Schoeman sê die geleentheid is meer as ’n konsert. “Dis ’n geloofservaring.”

Passievol vindSondag 11 Mei 2025 om 15:00 by die Moreletapark-gemeente plaas.

– Luister na ’n optrede van Retief Burger by die bekendstelling.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button