News

Jong dogter verloor sig na Molotopad ongeluk

Die jong dogter wat saam met haar gesin in 'n gru-ongeluk was het haar sig verloor. Haar ma en jonger boetie is dood in die ongeluk.

Die jong Pretoria dogter wat vroeër hierdie maand saam met haar gesin in ‘n gru-ongeluk op die Molotopad was, het haar sig verloor.

Die famile se woordvoerder het Maandag aan Rekord bevestig dat die 10-jarige Junique van Aswegen haar sig verloor het.

Hy het bygevoeg dat daar ‘n lang pad van herstel vir haar voorlê.

Haar pa, Jurie is onlangs ontslaan uit die hospitaal. Klein Karlu (8) is opslag in ‘n gru-ongeluk oorlede en sy ma, Karin ure later.

Die gesin was onderweg na hulle huis in die Dinokeng area toe die ongeluk plaas gevind het.

Dié ongeluk het Maandag, Maart 10, omstreeks 16:30 op die Molotopad plaasgevind to die bestuurder van ‘n noodvoertuig vermoedelik beheer daaroor verloor het en reg van voor teen die Van Aswegens se voertuig gebots het.

Karlu is op die toneel verklaar terwyl daar met Karin, Jurie en Junique na hospitale toe gejaag is.

Karin is ure daarna in die hospitaal oorlede.

Klein Karu was ‘n baie geliefde klein stil seuntjie wat gou harte gesteel het. Hy was baie lief vir rugby.

Ds. Thinus van Staden van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Montana het bygevoeg dat Karin se sagte teenwoordigheid en hulpvaardigheid by die kerk geweldig gemis word.

Dié Molotopad is as die gevaarlikste pad in Suid-Afrika aangewys.

Minister Barbara Creecy het verlede jaar gesê dat daar beduidende vordering gemaak is met die R15-miljard opgradering van die Moloto-pad, wat, wanneer voltooi, verwag word om veiligheid op een van die land se gevaarlikste paaie te verbeter.

Die pad word tans opgegradeer deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (Sanral).

Creecy het egter beklemtoon dat ingenieurswese alleen nie lewens sal red nie as bestuurders en voetgangers nie hul gedrag verander nie.

Sy het hierdie opmerking gemaak tydens ‘n inspeksie van die 138 km lange pad wat deur Gauteng, Mpumalanga en Limpopo strek, en wat opgegradeer word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL).

Creecy het gesê dat ontwerp en konstruksie belangrike elemente van padveiligheid is, maar dat die gedrag van padgebruikers krities is om ongelukke en sterftes te verminder.

Die regstelling van die pad, die bou van effektiewe barrières en twee verkeersbane in elke rigting, met hoë mas-ligting om veiliger bestuur by nag te verseker, was net ‘n paar van die veiligheidskenmerke.

Te gegewe tyd sal die pad kameras langs die hele roete hê om gedrag 24 uur per dag, sewe dae per week, te monitor, het sy gesê.

Lees ook: Graad 3-leerling en sy ma sterf tragies na Pretoria motorongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button