News

Garsfontein groet ‘n legende

Smith het oor ’n ongelooflike 34 jaar die skool se leuse “Bou en Bewaar” met trots en toewyding uitgeleef.

Hoërskool Garsfontein het verlede week afskeid geneem van ’n ware ikoon, mnr. Retief Smith, tydens sy laaste Berepark-opening.

Smith word eersdaags skoolhoof van die Hoërskool Eldoraigne.

Personeel en leerders het hom met groot waardering en respek gegroet, terwyl die skoolhoof, mnr. Leon Bantjes, sy enorme bydrae tot die skool se nalatenskap uitgelig het.

Retief Smith saam met matriekleerders.
Beeld: Verskaf

Smith het oor ’n ongelooflike 34 jaar die skool se leuse “Bou en Bewaar” met trots en toewyding uitgeleef.

Sy invloed as opvoeder het ver buite die grense van die klaskamer gestrek.

As sportafrigter het hy diep spore getrap, veral as mentor van die geliefde Gummie Bears en Yogi Bears, Hoërskool Garsfontein se o.14 C- en D-rugbyspanne.

Verder was hy ’n integrale deel van die skool se bestuurspan en ’n voorbeeld van leierskap, lojaliteit en toewyding.

Retief Smith word gegroet deur mede-personeel.
Beeld: Verskaf

Vir die leerders was hy nie net ’n onderwyser of afrigter nie – hy was ’n bron van inspirasie en ’n ware vriend vir dié wat bevoorreg was om met hom te werk en te leer.

“Hoewel Hoërskool Garsfontein ’n legende groet, weet ons dat mnr. Smith ’n net-so-groot impak as skoolhoof van Hoërskool Eldoraigne sal maak.

“Die hele Garsie-familie salueer hom en wens hom sukses en voorspoed toe vir die volgende hoofstuk in sy loopbaan.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button