News

Swaar polisieteenwoordigheid vir EFF-optog na Kleinfontein

Die polisie was om 09:00 gereed vir enige gebeurlikheid tydens die EFF-optog na Kleinfontein- kultuurgemeenskap.

’n Groot teenwoordigheid van polisiemanne wag tans by ’n vulstasie op die R515-pad na Kleinfontein-kultuurdorp waar die bestuur van die dorp regmaak om die hekke teen 10:00 te sluit.

Dit is teen die protesoptog wat deur die EFF gereël is om ’n memorandum aan die stadsraad van Tshwane te oorhandig.

Die party het vandeesweek na die besoek van die MK-party aan die kultuurgemeenskap, verklarings uitgereik om die optog langs die R515 na die kultuurdorp met sy meer as ’n duisend inwoners aan te kondig.

Die polisie het reeds ’n draai voor die hekke na die kultuurdorp kom maak om die reëlings vir die dag uit te vind. Hulle is deur Dannie de Beer, en veiligheidsverteenwoordigers meegedeel dat groepe wat teen die EFF wil opstaan en ook reeds op die R515 teenwoordig is, gevra is om die area te verlaat. Hy het beklemtoon hierdie groepe verteenwoordig nie die kultuurdorp nie.

“Ons los die beskerming van die gebied buite die hekke aan die polisie oor,” sê De Beer.

Voorbereidings is gisteraand reeds deur die EFF vir die optog in plek gestel wat volgens die metro se waarskuwings oor verkeer om 10:00 vanaf ’n bymekaarkomplek op die Bronkhorstspruitpad sal geskied.

Die metro se woordvoerder van die burgemeesterskantoor kon nie ’n aanduiding gee wie die moontlike memorandum sal ontvang nie.

Daar word verwag dat daar protesgangers deur busse aangery sal word en met die R515 die afdraaipad na Kleinfontein-kultuurdorp sal neem.

Die EFF se besware teen die bestaan van die kultuurdorp as ’n aparte gemeenskap wat homself administreer volgens konstitusionele selfbeskkingsaetikeels, is onlangs in ’n brief aan die premier van Gauteng uiteengesit en is die basis van die optog.

In die brief bevraagteken die EFF die wettige bestaansreg van die kultuurdorp en word daar versoek dat daar kennis ingestel word na die voortbestaan daarvan

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button