News

Beskerm jou kind teen siektes met inenting, sê gesondheidsdepartement

Die inentingskoers in Tshwane het nie sy doelwitte bereik nie: die 82.3% dekking het nie naastenby die provinsiale teiken van 90% bereik nie.

Die Gauteng Departement van Gesondheid moedig ouers aan om hul kinders in te ent.

Dit nadat Tshwane ’n immunisasie-koers van 76.6% aangeteken het.

Die statistiek wat onlangs bekend gemaak is, wys dat 213 389 kinders onder eenjarige ouderdom ten volle ingeënt is tydens die 2024/25 finansiële jaar.

Dit beteken 82.3% dekking wat nie naastenby die provinsiale teiken van 90% bereik nie.

Net so het slegs 78.4% van die kinders hul tweede dosis van die Masels-Rubella (MR) entstof ontvang, ver onder die 92% doelwit.

Provinsiale Gesondheid LUR, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê om kinders teen voorkombare siektes te beskerm is deel van om hul reg tot gesondheid te handhaaf.

“Versuim om ’n kind se inentingskedule te voltooi is nie net ’n mediese oorsig nie; dit is ’n stille bedreiging tot hul welstand en ’n subtiele vorm van verwaarlosing. Ons moet almal ons herverbind om die regte van ons kinders te beskerm deur te veseker dat hulle elke geskeduleerde inenting op die regte tyd ontvang, want ’n gesonde kind is ’n beskermde kind,” sê Nkomo-Ralehoko.

Inenting is ’n ingryping wat kinders teen lewensgevaarlike aansteeklike siektes soos masels, rubella, polio en hepatitis B beskerm.

Die departement sê inentingsdienste is vrylik beskikbaar by alle publieke gesondheidsfasiliteite in Gauteng, maar dat nie genoeg kinders hul inentingskedules voltooi nie, wat hulle in gevaar stel.

Dit het ook swak nakoming van opvolg-afsprake geïdentifiseer as een van die bydraende faktore aan onderprestasie in sekere distrikte.

Ouers en versorgers word aangemoedig om na hul naaste kliniek of mobiele uitreikpunt te gaan om hul kind se inentingstatus na te gaan en om enige entstowwe wat hul gemis het, in te haal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button