Die hoop beskaam nie in Eersterust nie
Dit was ’n naweek van opbouende gebeure: van sang en teater tot ’n potjiekoskompetisie en ’n geesdriftige gospel extravaganza. Dit was ’n kragtige herinnering aan die eenheid en hoop wat in Eersterust bestaan.
Die Eersterust-gemeenskap het die afgelope naweek bymekaar gekom om aan verskeie geleenthede deel te neem.
Volgens plaaslike inwoner Sheryl Mudly, het die byeenkoms ’n helder lig op die gemeenskap gewerp en getoon hoe die mense van Eersterust in staat is om om positiewe redes te verenig.
Sy sê die naweek het begin met melodieë, aangesien die Eersterust Ministers’ Fraternal ’n gospelfees vir jongmense aangebied het waaraan leerders kon deelneem.
“Die program was gevul met items wat die jeug laat dans en sing het. Tieners het ’n verhoogstuk opgevoer oor die realiteit van dwelmmisbruik,” vertel sy.

Sy sê talle jongmense het opgedaag en die aand is afgesluit met ’n warm koppie sop en vetkoek.
Mudly voeg by dat Pastoor Jade die noodsaaklike behoefte beklemtoon het om jongmense te bemagtig op maniere wat verband hou met hul belange.
“Ons moet programme aanbied wat ons jeug op ’n opwindende manier bemagtig, en dis wat ons gedoen het,” sê Jade.
The Uniting Reform Church of South Africa (URCSA) het ’n potjiekoskompetisie vir al die wyke in Eersterust aangebied.
Elf deelnemers wat hul potjies aan die kook gehou het en met die lewendige atmosfeer en die verskeidenheid van aromas in die lug het gesorg vir ’n wonderlike gesig.
“Die beoordelaars was beïndruk met die pogings wat elke span ingesit het en die kosproe was uit die boonste gestoeltes. Die professionalisme in die komitee gelei deur Alvino Prins was bewonderingswaardig,” sê sy.
Die beoordelaars was verteenwoordigers van verskeie plaaslike organisasies.

Die senior pastoor van URCSA, Angelique Ghall, het die wenner wyk, Ward N8-N9 WXYZ, gelukgewens.
“Die kompetisie was ’n sukses en ek is dankbaar vir almal wat deelgeneem het. Die beoordeling was onpartydig en die gemeenskap het dit geniet.”
Mudly sê die naweek is afgesluit met die Christian Assemblies wat ’n gospel winter extravaganza aangebied het wat gewilde kunstenaars van verskillende dele van Suid-Afrika vertoon het.
“Die hoofkunstenaar Jessie Loitering het die extravaganza afgesluit met ’n paar nostalgiese liedjies.”
Sy sê die program het vir beide jonk en oud gesorg en dit was ’n aand wat niemand wou beëindig nie.
“Die byeenkoms was ’n seëning en die talent en die passie vir gospel het ’n blywende uitwerking gehad,” sê een van die kerkleiers, Pastoor Harry.
Mudly glo dat dat solank as wat sulke byeenkomste gehou word, is daar hoop vir die toekoms van Eersterust en sy mense.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
