Selfoon-toepassing bring dienslewering nader aan inwoners
Tshwane-inwoners kan nou lang toue oorslaan en dienskwessies dadelik aanmeld met die stad se nuwe selfoon-toepassing.

Die metro het ’n selfoon-toepassing bekendgestel om dit makliker vir inwoners te maak om diensleweringsprobleme aan te meld.
Die nuwe platform stel verbruikers in staat om op hul selfone diensversoeke aan te teken, die vordering daarvan te volg en om oombliklike bywerkings te bekom.
Burgemeestersraadslid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê dat die platform inwoners help deur om rompslomp en lang wagtye uit te skakel. Sy voeg by dat die metro hom beywer om dienste nader aan mense te bring.
Sy sê dat die toepassing na beraming reeds wys dat dit die voetverkeer na dienssentrums tot met 40% sal verminder, en hulpbronne bevry vir infrastruktuur- ontwikkeling en vinniger toonaangewende dienslewering.
Luidens Morodi, dui hierdie inisiatief ’n duidelike afwyking van die ‘era van dienslewerings-ineenstorting’ en terughoudende bestuur wat die stad in onlangse jare geteister het.
Sy sê, “Die Tshwane-toepassing is ’n baanbrekende selfoonplatform wat die mag van die plaaslike regering direk in inwoners se hande plaas.
“Hierdie gratis, maklik-om-te-gebruik toepassing bemagtig inwoners om lang toue, oneindige telefoonoproepe en rompslomp te omseil.”
Morodi sê dat mens nou alles direk op jou slimfoon kan doen, van kragonderbrekings en waterlekkasies rapporteer tot betaal van munisipale rekenings.
Sleutelkenmerke sluit in:
– Oombliklike aanmelding van diensprobleme met oplaai van foto’s en GPS-besonderhede.
– Oombliklike volg van gerapporteerde kwessies – sonder om te wag op die metro se stadige reaksies.
– Veilige, oombliklike betaling van rekeninge
– Integrasie met WhatsApp en e-Tshwane vir beter toeganklikheid.
Morodi het die Tshwane-toepassing geprys as ’n keerpunt vir skoon, digitale bestuur in die stad.
“Ons is hier om dinge reg te stel. Die Tshwane-toepassing verteenwoordig die politiese toewyding aan deurslagtigheid, doeltreffendheid en die herstel van vertroue.
“Ons mense is moeg daarvan om geïgnoreer te word. Hierdie platform verseker dat hulle uiteindelik tydig gehoor en gedien word.”
Sy verduidelik dat dit ’n digitale sprong vooruit is wat ooreenstem met die slim-stad strategie. “Een van die sleutelpilare van hierdie administrasie se visie is ’n moderne, reagerende en aanspreeklike regering.”
Die toepassing is beskikbaar op Apple, Google Play, en die Huawei App Gallery.
Dit volg na die bekendstelling van sewe WhatsApp-streekskanale om inwoners met bygewerkte inliging oor dienslewerings-aangeleenthede te verskaf.
Burgemeester, dr. Nasiphi Moya, het die inisiatief op sosiale media aangekondig en inwoners aangemoedig om by die relevante streekskanale in te teken, en die infografika te gebruik wat deur die metro verskaf word om uit te vind onder watter streek hulle val.
Sy sê die doel van hierdie digitale dienste is om kommunikasie te stroomlyn oor kwessies soos kragonderbrekeings, waterlekke en slaggate.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
