News

Ontbytprogramme uit die hoofstad steel die kollig by Silwerskerm

Twee gewilde ontbyt-TV-programme wat hul wortels in die hoofstad het, ding mee om top-toekennings by vanjaar se kykNET Silwerskermtoekennings. Met verskeie benoemings vir aanbieders en vervaardigers uit Pretoria, wys die lys van finaliste dat die stad ’n stewige stempel op Afrikaanse TV afdruk.

Pretoria het die geboorteplek vir goeie ontbyt-TV-programme geword.

Dit blyk duidelik uit die nominasies vir die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Twee programme wat in Pretoria vervaardig en opgeneem word met aanbieders van Pretoria, Ontbytsake en Die GROOT Ontbyt is genomineer en gaan kop aan kop in die kategorie vir beste ensemble-aanbiederspan.

Die Ontbytsake-span bestaan uit Dawie Roodt, Charlene Lackay, Leon Gropp, Corli Prinsloo en Anneke de Beer.

Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh en Su-an Müller-Marais is aan die stuur van sake in Die GROOT Ontbyt.

Hulle mededinger in die kategorie is Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) van Toks & Tjops.

Dan spog die stad ook met ’n benoeming in die kategorie vir beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram, die Centurion TV-programregisseur en oud-omroeper, Rian van Heerden wat vir sy aanbieding van Wie word ’n miljoener? genomineer is.

Su-an Müller-Marais Foto: Elize Parker

Sy mededingers in die kategorie is: Emo Adams – Oppinoot; De Klerk Oelofse – Kyk wie praat; Aden Thomas – Sê jou sê; Elwira Standili – Koortjies met Elwira Standili.

Van Heerden is in nog ’n kategorie vir beste aktuele program vir sy program Laataand met Rian benoem.

Hier kompeteer hy met: Lee-Ann van Rooi – Waar daar ’n wil is; Hannes van Wyk – Kwêla; Bonné de Bod – Bewonder en bewaar met Bonné de Bod; en Lourensa Eckard – In gesprek.

Elandré. Foto: Elize Parker

Eckard is ook ’n voormalige inwoner van Pretoria.

Bekende Pretoria-sanger Elandré sal die aand van die toekennings optree.

Die toekenningsgeleentheid, wat die beste speelfilm en -akteurs van die fees saam met top-TV-prestasies vereer, vind op Saterdag, 23 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) plaas.

“Terwyl Suid-Afrika se beste akteurs wêreldwyd sou kon presteer, sou internasionale akteurs nie kon vermag wat Suid-Afrikaanse talent daagliks doen nie,” sê Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale. “Ons mense het die uitnemende vermoë om iets op die skerm vas te vang van wat dit beteken om nóú híér te wees en te leef.”

Die TV-benoemings vir die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV is:

– Beste hoofspeler in ’n komedie:
Jai’prakash Sewram – Banana Air
Emile Smit – Mince jou hare
Bianca Flanders – Mince jou hare
Pietie Beyers – Pronk Primêr

Beste byspeler in ’n komedie:
Gershwin Mias – Mince jou hare
Lee-Ann van Rooi – Mince jou hare
Laura-Lee Mostert – Pronk Primêr
Tobie Cronjé – Pronk Primêr

Beste akteur in ’n drama:
Frank Opperman – Nêrens, Noord-Kaap
Waldemar Schultz – Die Byl
Jacques Bessenger – Een keer om die son
Charlton George – Juffrou X

Beste aktrise in ’n drama:
Milan Murray – Die Byl
Jana Kruger – Een keer om die son
Donnalee Roberts – Een keer om die son
Trix Vivier – Juffrou X
Ilse Klink – Nêrens, Noord-Kaap

Beste manlike byspeler in ’n drama:
Albert Pretorius – Nêrens, Noord-Kaap
Geon Nel – Nêrens, Noord-Kaap
Liam Bosman – Een keer om die son
Gershwin Mias – Juffrou X
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap

Beste vroulike byspeler in ’n drama:
Melissa Willering – Die Byl
Alma van Heerden – Een keer om die son
Anja Taljaard – Juffrou X
Daneel van der Walt – Nêrens, Noord-Kaap
Marion Holm – Nêrens, Noord-Kaap

Beste akteur in ’n telenovela of sepie:
Germandt Geldenhuys – Binnelanders
Hykie Berg – Binnelanders
Justin Strydom – Diepe waters
Gershwin Mias – Skemergrond
Dann-Jaques Mouton – Skemergrond
Irvine van der Merwe – Suidooster

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie:
Mienke Ehlers – Wyfie
Jill Levenberg – Suidooster
Marlee van der Merwe – Binnelanders
Nadia Valvekens – Diepe waters
Sandi Schultz – Diepe waters
Minke Marais – Reënboogrant

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie:
Lorraine Burger – Binnelanders
Shimmy Isaacs – Skemergrond
Gretchen Ramsden – Skemergrond
Dirk Stoltz – Skemergrond
Char Carrie – Suidooster
Therese Bam – Wyfie

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie:
Zandélle Meyer – Binnelanders
Julian Robinson – Binnelanders
Caleb Swanepoel – Diepe waters
Mila de Villiers – Reënboogrant
Hunter Plaatjies – Skemergrond

Beste aanbieder van ’n realiteitsprogram:
Ewan Strydom – Plaasjapie
Marciel Hopkins – Boer soek ’n vrou
Robbie Kruse – Klein paradys
Bertus Basson & Kobus Botha – Kokkedoor: Vuur & vlam.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button