Local newsNews

Geliefde onderwyseres sak in mekaar en sterf by Laerskool Bakenkop

'n Geliefde onderwyseres het vanoggend by Laerskool Bakenkop in mekaar gesak by en is weens natuurlike oorsake oorlede.

‘n Geliefde onderwyseres, Elaine Kuschke, het vanoggend by die Laerskool Bakenkop in mekaar gesak en gesterf.

Volgens ‘n verklaring deur die skool is Elaine weens natuurlike oorsake oorlede.

“Dit is met ’n swaar hart en diepe hartseer dat ons die skielike heengaan van een van ons geliefde personeellede, Mej. Elaine Kuschke, aankondig. Mej. Kuschke is vanoggend weens natuurlike oorsake by die skool oorlede.

“Haar passie vir onderwys en haar deernis vir elke kind sal ’n blywende leemte by Laerskool Bakenkop laat. Ons harte gaan uit na haar  ma en sussie, vriende en die leerders wat in haar sorg was.”

Die skool het bygevoeg dat beradingsdienste in plek gestel om almal by te staan wat deur hierdie verlies geraak word.

“Ons besef dat hierdie gebeurtenis uiters traumaties is vir ons leerders en personeel. Die skool het reeds beradingsdienste in plek gestel om almal by te staan wat deur hierdie verlies geraak word.

“Ons vra dat julle die Kuschke-familie en ons skoolgemeenskap in julle gebede sal hou gedurende hierdie moeilike tyd.

“Ons sal mettertyd meer inligting rakende die roudiens deel. Dankie vir elke Bakie-huishouding se meelewing en ondersteuning in hierdie tyd van rou. Psalm 34:19: “Die Here is naby die gebrokenes van hart; Hy help die moedeloses.”

“Mag ons in hierdie tyd mekaar vashou, troos vind in Sy teenwoordigheid en krag ontvang vir die dae wat voorlê.”

Dit kom net weke ná die dood van nóg ’n geliefde krieketafrigter, Berend Alkema van Laerskool Hennopspark, wat in die vroeë oggendure van Woensdag tydens ’n huisaanval doodgeskiet is.

Die skoolhoof, Jannie Raath, het verlede maand, Februarie 11, in ’n verklaring gesê gewapende rowers het die skool se bedryfshoof, Ann Alkema, en haar gesin in hul huis aangeval terwyl hulle geslaap het.

Hul seun, Berend – wat by die skool se krieketakademie gewerk het – is noodlottig gewond en het later aan sy beserings beswyk. Hy het baie seuns afgerig, en was baie geliefd onder die leerders.

Also read: Beloved young cricket coach shot and killed in family home

Do you have more information about the story?

Please send us an email to bennittb@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram or TikTok or WhatsApp Channel. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button