Sagte harte skuil binne ouens met brullende V8-enjins
Kinders sal hierdie Paasfees nog lank onthou as die dag toe die ‘Cobra-ouens’ en die geliefde Paashaas met sakke vol paaseiers opgedaag het.
Die gebrul van kragtige V8-enjins het die afgelope naweek plek gemaak vir die vrolike gelag van kinders toe lede van die Cobra Association van Suid-Afrika paaseiers by Gracia Kinderhuis en Rock of Hope uitgedeel het.

Met hul ikoniese Cobra-motors wat normaalweg bekend is vir spoed en brute krag, het die Cobra-eienaars besluit om iets besonders te doen vir Paasfees.


Arms vol kleurvolle paaseiers is uitgedeel, en die kinders se oë het geblink terwyl hulle saam met die ‘groot seuns met hul speelgoed’ gekuier het.

Die Cobra Association van Suid-Afrika is die grootste Cobra-eienaarsorganisasie in die land.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to bennittb@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram or TikTok or WhatsApp Channel
