Sokkerkoors loop hoog by Laerskool Lynnwood nadat leerders en personeel op 5 Junie bymekaar gekom het om die FIFA World Cup 2026 te vier met ’n spesiale afskopseremonie ter ondersteuning van Bafana Bafana.
Die hele skool, leerders van graad 1 tot 7 en personeellede, was geklee in groen en goud sowel as Bafana Bafana-ondersteunersdrag. Die skool is in ’n energieke sokkerviering verander, kompleet met nasionale vlae en sokkertema-uitstallings.

Photo: Supplied
Volgens Sharise Janse van Rensburg van die skool se bemarkingsdepartement, is die inisiatief geïnspireer deur die opgewondenheid rondom Suid-Afrika se deelname aan die toernooi.
“Laerskool Lynnwood is trots Suid-Afrikaans en deel die nasie se opgewondenheid vir die komende FIFA World Cup 2026,” sê Janse van Rensburg.

Hila de Vos, Mariza Jonker, Jané van den Berg, Iva Thirion, Naomi Hindmarsh-Russell, Miané Botha en Esmé Booysen (graad 7).
As ’n skool wat eenheid en sportmanskap vier, sê Janse van Rensburg dat hulle ’n geleentheid wou skep vir hul leerders om by die opwinding aan te sluit en hul steun vir Bafana Bafana te wys.
Die feesvieringe het afgeskop tydens ’n skoolbyeenkoms waar leerders bekendgestel is aan die geskiedenis, toernooi-statistieke en belangrike wedstryde.
Janse van Rensburg sê die hoogtepunt was toe mnr. Dirk Wessels amptelik die vieringe met ’n seremoniële doelskop geopen het.

Sy het die atmosfeer beskryf as een vol met opwinding en nasionale trots.
“Die atmosfeer op die dag was elektries, gevul met opwinding, entoesiasme en ’n sterk gevoel van nasionale trots,” sê sy.
Sy sê deur Bafana Bafana te ondersteun, het dit leerders die geleentheid gegee om saam te staan vir hul land terwyl waardevolle lewenslesse versterk word.
“Ons wou hê ons leerders moet die opwinding ervaar om agter hul land te staan en hul mede-Suid-Afrikaners te ondersteun.
“Die inisiatief het ook belangrikke lesse oor spanwerk, deursettingsvermoë, respek en spormanskap versterk – eienskappe wat sentraal staan in beide sport en opvoeding.”
Terwyl sokker nie een van die skool se amptelike sportkodes is nie, bly sport gewild onder leerders, waarvan vele aan daaglikse wedstryde in pouses deelneem of deel is van plaaslike sokkerklubs.

Photo: Supplied
Janse van Rensburg sê sport speel ’n belangrike rol om karakter en lewensvaardighede by die skool te ontwikkel.
“Deelname, inspanning en ’n positiewe gesindheid is baie belangriker as die eindresultaat.”
Sy verduidelik dat sport leerders spanwerk, dissipline, veerkragtigheid en nederigheid leer, terwyl dit skoolgees en ’n gevoel van behoort bevorder.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook,Twitter en Instagram enTikTok en WhatsApp Channel
