CrimeNews

Pa oorhandig seun ná polisie hom met Eersterust-moord verbind

'n Verdagte is in hegtenis geneem nadat 'n 26-jarige misdaadvoorkomingsbeampte tydens 'n beweerde mesaanval by die Eersterust-woonstelle doodgesteek is. Die man is volgens die polisie deur sy pa aan die owerhede oorhandig en die ondersoek duur voort.

’n Inwoner van Eersterust, Chazlon van Zeeberg, het Maandag op ’n aanklag van moord in die Pretoriase Landdroshof verskyn.

Die SAPD het hom as ’n verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n misdaadvoorkomingsbeampte ná ’n voorval wat 1 Augustus by ’n woonstelkompleks in Eersterust plaasgevind het.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 22:40 plaasgevind.

Polisielede het op ’n klagte gereageer en met hul aankoms ’n 26-jarige vrou met veelvuldige steekwonde aangetref.

Nooddienste het die beseerde vrou na die Mamelodi Daghospitaal vervoer waar sy later aan haar beserings beswyk het.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die oorledene saam met vriende in die oop parkeerterrein van die woonstelle gesit het toe ’n man haar na bewering genader het.

Polisiewoordvoerder, kaptein Johan van Dyk, sê: “’n Rusie het glo ontstaan waartydens die aangeklaagde haar na bewering verskeie kere met ’n mes gesteek het voordat hy van die toneel gevlug het.”

Die Eersterust polisie het ’n moordsaak vir verdere ondersoek geregistreer.

Van Zeeberg is aanvanklik deur die polisie gesoek, maar is later deur sy pa aan die owerhede oorhandig.

Hy is daarna in hegtenis geneem en bly in polisie-aanhouding.

Van Dyk sê die waarnemende stasiebevelvoerder, kaptein David Conradie, het die vinnige reaksie van die ondersoekbeamptes geloof en die samewerking wat tot die verdagte se inhegtenisneming gelei het, erken.

Die ondersoek sal voortgaan om die omstandighede rondom die voorval volledig vas te stel.

Volgens Van Dyk is die aangeklaagde later deur sy pa aan die owerhede oorhandig, waarna hy formeel in hegtenis geneem is.

Die polisie het geen verdere besonderhede oor die ondersoek of die omstandighede wat tot die beweerde aanval gelei het, bekend gemaak nie. Die ondersoek duur voort.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button