EntertainmentLifestyleNews

LIZL alles behalwe 'n muurblom

Dié jong kunstenaar maak reeds haar merk in haar eerste jaar in die Afrikaanse musiekbedryf.

LIZL se enkelsnit Muurblom is onlangs benoem vir die Afri-Indie Beste Nuweling van die Jaar.

“Dit is baie surreal en ’n groot eer om in my eerste jaar en met my eerste liedjie benoem te word,” sê sy.

Volgens haar was dit ’n baie lang skryfproses. Sy het inspirasie geput uit die boek The Perks of being a wallflower. “Ek het ook teruggedink aan my eie ervaring as ’n muublom op skool en hoe dit vir mense vandag nog kan wees.”

LIZL vertel dit was nog altyd haar passie om musiek haar loopbaan te maak. Sy sing al van kleins af en gee tans klavierles by twee skole.

Lizl Simoes as LIZL. Foto: Verskaf

Sy wil graag mense inspireer en laat dink oor haar lirieke. “Ek hoop dat mense sal aanklank vind.”

Sy was ook onlangs deel van die produksie ATKV Crescendo Goud Divas in Afrikaans waar sy die verhoog gedeel het met onder andere Karin Hougaard, Anna Davel en Stephanie Baartman. Oor die ervaring sê sy: “Dit was ongelooflik om saam met sulke groot figure in die musiekbedryf op te tree wat al diep spore getrap het.”

Haar musiek is beskikbaar op alle stromingsplatforms.

Luister hier na Muurblom 

https://music.youtube.com/watch?v=EZePRmkcrUA&list=OLAK5uy_m8dgFwLsdM1J8zJmtIDjyKCOkqk-gSHpI

Luister na Ek Wens https://open.spotify.com/artist/4WL8pDXoxTkYTnXgMghRst

Die Afri Indie Toekennings vereer onafhanklike kunstenaars – hetsy musikante, liedjieskrywers, vervaardigers en videograwe – wat ’n betekenisvolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf lewer. Dit is deur Rea le Roux in 2019 vir die eerste keer aangebied, en groei elke jaar van krag tot krag.

Die toekenningsaand vind vanjaar plaas op Dinsdag, 25 Augustus by die AfriForum Teater in Pretoria.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook,Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button