Radiokansel Hartklank – jou hart, Sy stem
Is jy op soek na ‘n Afrikaanse radiostasie wat met jou hart praat? Een wat jou dag met geloof, hoop en inspirasie vul?

Radiokansel 657AM se Afrikaanse luisteraars het die behoefte uitgespreek om langer na die radiostasie in Afrikaans te luister. Met daardie doel voor oë, het Radiokansel 657AM ‘n nuwe Afrikaanse Christelike aanlyn radiostasie ontwikkel, met die naam Radiokansel Hartklank.
Luister na jou gunsteling aanbieders soos Johann Els, Jannie Pelser, Wynand Rossouw, Chistine Ferreira, Bertha le Roux, Janine van Niekerk en vele meer!
Ds Karel Verhoef, HUB van Radiokansel 657AM, bevestig dat Radiokansel Hartklank 24 uur per dag in Afrikaans sal uitsaai. ‘Die nuwe aanlyn radiostasie sal die huidige Afrikaanse programme van Radiokansel 657AM op Radiokansel Hartklank uitsaai en nog vele meer! Luisteraars sal kragtige lering en lofprysing, lewensgetuienisse en bemoediging hier vind. Elke woord en oomblik sal die hartklop van Christus dra,’ het hy bygevoeg.
Volgens ds Verhoef is dit nie die enigste nuwe ontwikkeling deur Radiokansel 657AM nie. ‘Luisteraars kan ook uitsien na ‘n nuwe Christelike aanlyn radiostasie met die naam Radio Pulpit Jikelele. Jikelele beteken oral oor. Dit is presies wat ons met die nuwe aanlyn radiostasies beoog – luisteraars sal enige plek, enige tyd na Christelike inhoud in die taal van hul keuse kan luister. Radio Pulpit Jikelele sal in Engels en verskeie inheemse Afrika-tale uitsaai, met ‘n sterk fokus op gospel musiek.
Radiokansel 657AM (beskikbaar op AM/MW en aanlyn) hou steeds aan om in ‘n verskeidenheid van die amptelike tale van Suid-Afrika uit te saai. Luisteraars kan dus kies en keur tussen Radiokansel 657AM, en die aanlyn radiostasies, Radiokansel Hartklank en Radio Pulpit Jikelele.
Besoek www.radiokansel.co.za of laai die Radiokansel 657AM slimfoon toepassing af. Klik op Radiokansel Hartklank om in te skakel.
