AfriForum se Groter Moot-tak knap stopstrate in Pierneefstraat op
Die fondse vir die projek is deur die inwoners wat in die omgewing van Pierneefstraat en 29e Laan woon ingesamel.
AfriForum se Groter Moot-tak het hul verfprojek Dinsdag in Pierneefstraat begin.
Die burgerregteorganisasie sê die projek behoort in die volgende paar dae afgehandel te wees.
“Elke STOP wat ons verf is ’n uitroep: Ons sal self!” sê Andries Opperman’n buurtbeampte vir die Groter Moot-tak.
“Inwoners neem self vir die strate voor hulle huise verantwoordelikheid.”
“AfriForum is baie dankbaar aan Die Moot-projek wat verf ter waarde van R9 165 geborg het.”
Die fondse vir die projek is deur die inwoners wat in die omgewing van Pierneefstraat en 29e Laan woon ingesamel.
Hulle bedank ook Crystal Paints wat die verf teen kosprys aan hulle verskaf het.
“Gemeenskappe soos hierdie, wat eienaarskap van hul omgewing neem en hul probleme self oplos, is ’n voorbeeld van die pad vorentoe.
“Dit is vir my ’n eer dat óns tak die gemeenskap met klein dade soos dié kan ondersteun.
“Ons versoek die Moot-gemeenskap om aktief by die tak betrokke te raak – gewillige hande en ondersteuning maak projekte soos dié moontlik,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.
Inwoners kan by AfriForum aansluit met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifikasie op die gratis Telegram-boodskap app @AfriForumBuurtBot, of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).
LEES MEER: Noordelikes rugbyklub kwalifiseer vir twee eindstryde
** Artikel aangepas
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
