EntertainmentLocal news

Kom kyk, beleef, kom luister

Pretorianers kan weer uitsien na 'n heerlike naweek vol musiek en vermaak

Vermaak vir die hele gesin, bring stoele en komberse en geniet Elvis Blue by STARKJOL op Saterdag, 10 September. Maak seker om by Limeroc Business Park te wees – kos, musiek, en helikopter ritte – daar is iets vir almal. Die hekke maak om 13:00 oop.

Elvis Blue gaan die voete laat jeuk by Starkjol hierdie naweek.

Maak ’n draai by die Atterbury teater vir Trou is nie Perdekoop nie – ’n guitige, pittige kykie na ’n “power couple” se stryd om te trou – of nie te trou nie Sondagmiddag om 15:00.

Wil jy liewers sit en ’n glasie wyn of twee saam met vriende geniet? Dan is Die Wyn Show – A Night in Paris vir jou. Besoek Die Kelder by Centurion Teater Woensdagaand, 14 September en stap by ’n Parys-belewenis in.

As jy ’n liefhebber van live musiek is, gaan loer gerus in by Jitterbugz in Centurion en hoor wat Reën aan die hartsnare kan doen. Dis nou Vrydag, 9 September, van 19:00 af. Bespreek by info@jitterbugz.co.za or 082 215 8089.

En vir die jonger geslag maak ’n nota om die opvoering van Annie deur die Tshwane Youth Theatre in Irene te gaan bywoon. Dit sal van 14 tot 24 September te sien wees. Meer hieroor volgende week!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button