Real Housewives van Pretoria deelnemers bekendgestel
Die eerste seisoen sal vanaf 13 Oktober op kykNet, DSTV-kanaal 144 uitgesaai word.

Die ses vroue wat sal deelneem aan die eerste seisoen van die hoogs-verwagte Die Real Housewives van Pretoria is bekendgemaak.
Die Real Housewives van Pretoria, ’n werklikheidsreeks sal in Oktober uitgesaai word en sal fokus op die die alledaagse lewens van ses huisvrouens.
Pretorianers sal onmiddellik baie van die deelneemers se name herken.
Renske Lammerding, Marie Bosman, Talana Kuhn, Kiki La Coco, Mel Viljoen en Rhona Erasmus se luukse voertuie, herehuise, eksotiese vakansies sal die afguns van baie kykers wees.
Renske Lammerding is welbekend in die Silver Lakes area vir haar boetiek en ook haar man, Heinrich.
Marie Bosman is ’n pastoor wat baie om te sê het.
Na twee egskeidings, het sy besluit sy sal nooit aan haar verander om in iemand anders se lewe te pas nie.
Talana Kuhn, een van die jongste deelneemers, is ’n sakevrou en eienaar van EarthDK en Millenial Marketing.
Sy is ’n ma van drie en is tans swanger met haar vierde kind.
Sy het ook ’n selfhelpjoernaal geskryf wat sy hierdie jaar gaan publiseer.
Kiki La Coco is ’n inhoudskepper wat bekend is vir haar “lip syncing” videos op TikTok.
Sy spog tans met 390 000 volgelinge op die platform.
Haar man, Malcolm Wentzel, is ’n multimiljoener en hulle woon in Mpumalanga.
Mel Viljoen is ’n plaasmeisie wat nou die president is van Tammy Taylor Nails-Suid Afrika.
Haar man, Mel, is ’n bekende prokureur en uitvoerende hoof van Tammy Taylor Nails.
Rhona Erasmus is gebore in Meyerton en is deesdae die eienaar van twee ondernemings.
Erasmus is ’n reguit persoon wat iets vir jou in jou gesig sal sê voordat sy agter jou rug skinder.
Die Real Housewives van Pretoria is vanaf 13 Oktober elke Donderdag om 20:00 op kykNET, DSTV kanaal 144 te sien.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
