Local news

Braaf die Boerboel bult óók nou spiere

Braaf die Boerboel is ook daar om kinders te leer dat dit nie net belangrik is om braaf te wees nie, maar noodsaaklik.

Nie elke skoolkind het sy eie tas nie. Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met Boerboel Wear, het onlangs ‘n splinternuwe tassie projek, Braaf die Boerboel bekendgestel.

Dié projek vorm deel van Helpende Hand se Tassieprojek wat jaarliks sorg dat talle hulpbehoewende graadeens met ’n ten volle toegeruste skooltassie hul skoolloopbaan kan begin.

Braaf die Boerboel is ook daar om kinders te leer dat dit nie net belangrik is om braaf te wees nie, maar noodsaaklik.

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar meeste van alles dat dit braaf is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie.

“Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ’n gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek,” sê René Roux, Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie

Braaf gaan binnekort met skouermantel en al kragte met Solidariteit Helpende Hand saamsnoer om na kinders se welstand en toekoms om te sien.

Helpende Hand se Tassieprojek is een van hulle vlagskipprojekte.

René Roux, adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie by Helpende Hand, en Stephan Hugo en Sarichia Coetzer, mede-eienaars van Boerboel Wear.
Foto: Verskaf

Sedert 2007 voorsien die projek hulpbehoewende graadeentjies met hoëgehalteskryfbehoeftes.

Boerboel Wear skenk R40 000 om 115 skooltassies met skryfbehoeftes vir Helpende Hand se Tassieprojek aan te koop.

“Boerboel Wear se humoristiese reklame, stuitige tannies, aanskoulike, gespierde modelle en Jan Jan Jan, Suid-Afrika se eie ‘Boere-boy band’, vermaak die publiek al vir ’n paar jaar,” sê Stephan Hugo, bemarkingsbestuurder en mede-eienaar van Boerboel Wear.

“Die handelsmerk moes egter met groot hartseer in Julie 2021 die afsterwe van tant Kotie aankondig en in Julie vanjaar het Boerboel Wear vir tant Matie gegroet, aangesien sy ander loopbaangeleenthede gaan nastreef. Beide die Jan Jan Jan-lede en Boerboel Wear wens vir tant Matie die allerbeste toe met haar nuwe toekomsdrome.

“Hou egter Boerboel se sosiale media aanstaande jaar dop wanneer ’n opwindende soektog na nuwe ‘Boerboel-tannies’ sal afskop.

“Die ‘stuitige tannies’-konsep kry vir eers die trekpas en die fokus skuif nou na ons kinders se welstand en toekoms.”

Lees meer>AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Gereformeerde Skool Dirk Postma

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button