AfriForum herstel Moot-park
Die span het ook 'n TLB ontplooi om die stukkende rondomtalie uit die grond te pluk.
AfriForum se Groter Moot-tak het weer hul hande vol gehad vroeër hierdie week toe hulle herstelwerk begin het by die park in Moultonlaan.
Die span het die park se speelplekke en hoekpale oorgeverf en ’n besproeiingstelsel is opgesit om die gras bietjie groen te kry vir die somer.
Die span het ook ’n TLB ontplooi om die stukkende rondomtalie uit die grond te pluk.
Dit lê tans in ’n werkswinkel vir herstelwerk.
“Hierdie is vir ons ’n baie opwindende nuwe fase in ons Buurtspanprojek.
“Ons wil al hoe meer kort praktiese tegniese kursusse deelmaak van ons Buurtspanwerk.
“As jy kan bou of messel sal jy ’n lewe kan oorleef. Ons kombineer hierdie bouklas met die bou van bankies in die Moot-parkies en spruite,” het Andries Opperman op AfriForum se Facebookblad geskryf.
Herstelwerk aan die park vorm deel van AfriForum se nuwe straatprojek.
Die leuse van die projek is “die straat behoort aan jou!” en hulle moedig inwoners aan om betrokke te raak om hulle omgewings skoon te hou en die natuur die bewaar.
Om deel te word van AfriForum se boomplant- of straatprojekte, skakel 086 102 0030 of stuur navrae aan navrae@afriforum.co.za.
LEES MEER: American bodybuilders visit Moot to make a difference in children’s lives
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
