Local news

AfriForum-buurtwagte patrolleer N4-snelweg

Die buurtwagte het besluit om in te gryp weens 'n toename in 'spiking' voorvalle.

AfriForum-buurtwaggroepe in Pretoria, Centurion en Bronkhorstspruit het op 22 Oktober aan ’n massapatrollie op die N4-snelweg tussen Pretoria en Bronkhorstspruit deelgeneem.

Die buurtwagte het besluit om in te gryp nadat “spiking” voorvalle, oftewel skerp voorwerpe wat oor die pad gegooi word sodat motorbande beskadig word en motoriste dan beroof word as hul aftrek, skerp toegeneem het.

Die inisiatief vorm deel van die die proaktiewe wyse waarop AfriForum se veiligheidstrukture misdaad benader en neutraliseer om ’n veiliger omgewing en paaie te verseker.

Lede van die betrokke AfriForum-buurtwagte het van Saterdagaand ongeveer 20:00 tot in die middernagtelike ure die N4 gepatrolleer.

Foto: Verskaf

“AfriForum sal voortgaan om inisiatiewe van dié aard van stapel te stuur om die kriminele elemente weg te dryf,” sê De Wet Ungerer, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid-tak.

“Ons neem deel aan patrollies soos hierdie om die paaie vir ons landsburgers veiliger te maak.

“Ons kan nie net toekyk hoe ons mense se lewens nag ná nag bedreig word nie,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-tak.

AfirForum het veel ander inisiatiewe in plek gestel om die Pretoria area te beveilig en ook om die omgewing skoon te hou.

Een van hierdie inisiatiewe is AfrForum se tuinspan en boomplantmaandprojek.

Hul tuinspanne is toegewyd aan vullis verwydering veral rondom parke and ander fasiliteite wat inwoners op ’n daaglikse basis gebruik.

Hulle moedig ook inwoners aan om betrokke te raak by die projekte.

Die leuse van die straatprojek is “die straat behoort aan jou”, en hulle moedig inwoners aan om hulle omgewing netjies te hou.

“Om ’n boom te plant bewys dat ’n mens in die toekoms glo.

“Al gaan jy dalk nie self die vreugde van die boom geniet nie, glo jy dat jou nageslag wel sal.

“Soos die Chinese spreekwoord lui: ‘Een generasie plant die bome, en ’n ander kry die skaduwee’.

“Ek wil graag mense aanmoedig om dwarsdeur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sê Sampie Steinberg, een van AfriForum se distrikskoördineerders.

Om betrokke te raak, skakel AfriForum by 086 102 0030.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button