Kyk uit vir hierdie naweekgeleenthede in die Jakarandastad
Na 'n besige week van eentonigheid, is dit belangrik om met 'n bietjie pret en kultuur te ontspan. Gelukkig is daar baie plaaslike besienswaardighede om na uit te kyk.

Almal het ’n bietjie kuns en kultuur in hul lewens nodig, en gelukkig het Pretoria baie daarvan vir inwoners om te geniet. Daar is selfs iets vir die meer aktiewe mense
Rocco de Villiers, Oktober 29

Rocco de Villiers gaan Saterdagmiddag spesiale genot aan die besoekers verskaf met rolprente se bekendste en geliefde musiek. Live by die pragtige Centurion Theatre Grand Piano, jy kan die beste van die rolprentmusiek van die verlede verwag.
Soos in De Villiers-styl, sal daar selfs ’n spesiale verrassing wees. Die vertoning begin om 15:00.
Amanda Strydom, Oktober 30

Amanda Strydom en haar pianis, Coenraad Rall, keer terug na die Centurion Teater om die somer, lewe, liefde en oorlewing met hierdie produksie te vier.
Strydom sal haar eie liedjies opvoer, asook Broadway-treffers, en ballades – alles meesterlik verwerk deur Coenraad Rall. Hierdie produksie met die legendariese Amanda Strydom en haar tydlose treffers begin om 15:00, en sal die perfekte manier wees om jou naweek af te sluit.
1Koor, Oktober 29

Verskeie laer- en hoërskoolkore vorm een koor. Unieke koorklanke sal die SunBet Arena in Pretoria vul. 1Koor is ’n inisiatief van iTickets in samewerking met die Afrikaanse skoolgemeenskap.
Hierdie geleentheid dien as ’n platform om die ryk koorkultuur in Suid-Afrika te bevorder en bewustheid te skep. Die 1Koor-konsert bied aan leerders die unieke geleentheid om hul vokale talent op die wêreldklas-verhoog van die SunBet Arena uit te basuin.
Die kore tree onder leiding van Anton Pottas op en hy sal as koördineerder van die vertoning dien.
Daar sal ook bekende kunstenaars betrokke wees by hierdie onvergeetlike 1Koor-konsert naamlik: Droomsindroom, Lisie Basson (Die Kontrak), Germandt Geldenhuys, Zaan Sonnekus en Die Rakkers.
Fifty Pots for Fifty Years, Oktober 29 tot November 19

Ter viering van die 75e bestaansjaar van die Pretoria Kunsvereniging en die 50e herdenking van Ceramics Southern Africa, kan 50 geselekteerde werke van keramiekkunstenaars van die Gauteng-omgewing, asook dié van twee Wes-Kaapse kunstenaars, Ralph Johnson en Hennie Meyer, besigtig word. Die opening vind plaas op Saterdag, 29 Oktober van 10:00 tot 12:00, die openingsrede word om 11:00 deur John Shirley waargeneem. Alle kunswerke op die uitstalling word te koop aangebied.
Voetspore Gemeenskapskerk Buurtfees, Oktober 28

’n Gesinsvriendelike feestelike nagmark in Lyttelton, hierdie geleentheid beloof pret vir almal. Daar sal ’n skaapveiling en selfs ’n skaapskeerdemonstrasie wees.
Neem deel aan die skyfskietkompetisie en wen ’n blesbok en twee vlakvarke. Vir diegene wat nie baie goed kan mik nie, geniet die heerlike kosstalletjies met ’n verskeidenheid om van te kies, insluitend kerrie, burgers, braaivleis, pannekoek, poeding, koeke en uitgesoekte handgemaakte items. Daar sal ook lewendige musiek en kindervermaak wees.
Breast Cancer Awareness race, November 5

Kolonnade Retail Park het op 5 November ’n Breast Cancer Awareness wedloop op hul perseel. Die wedloop is ter ondersteuning van borskankerbewustheid met die steun van die Pink Drive, Kansa en Run/Walk for Life. Die eerste wedren begin om 06:30, met ’n keuse van ’n 5 km of ’n 7.5km draf. Alle opbrengste sal geskenk word ter ondersteuning van diegene wat borskanker in die gesig staar.
Charl du Plessis en Odeion String Quartet, November 6
Charl du Plessis en die Odeion Strykkwartet gaan ’n vertoning by die Afrikaanse Hoër Seunskool hou.
Met hierdie uitvoering bring hulle hulde aan Johannes Brahms met twee grootse kamermusiek werke. Die Odeion Strykkwartete word reeds jare lank internasionaal gereken en hulle bydrae aan kamermusiek is van onskatbare waarde. Die vier lede is Samson Diamond, Sharon de Kock, Jeanne-Louise Moolman en Anmari van der Westhuizen.
Charl du Plessis is ‘n Steinway kunstenaar en veelsydige pianis wat as uitvoerende kunstenaar in vele style en genres werksaam is. Die vertoning begin om 11:00.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
