Die Aitsas klop, net een maand oor
Die derde herhaling van dié toekennings is slegs ’n maand weg. Die toekennings sal Afrikaanse musiek uitnemendheid vier, en aanhangers kan vir hul gunstelingkunstenaars in elke kategorie stem. Kyk na hierdie Pretoria-genomineerdes

Daar is nog net ’n maand oor voordat die derde Aitsa Afrikaanse musiektoekennings weer aan plaaslike talent erkenning gaan gee. Dit vind vanjaar op 29 November by die Choose Life Church plaas.
Pretoria het gewys ons het hope talent met baie nominasies vir uitstekende musiek wat onlangs vrygestel is.
Die Aitsa-toekennings, deur Pretoria FM, bekroon uitstaande kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf, van nuwelinge tot musiekvideo’s en vervaardigers.
Aanhangers kan tot 16 November vir hul gunstelingkunstenaars op die Pretoria FM-webwerf stem. Gaan luister gou en stem vir jou gunsteling:
– Simone Roets – Nuweling van die jaar vir ‘Dans in die donker’
– Alter Ego – Nuweling van die jaar vir ‘Verlore’, Alternatiewe/ Rock liedjie van die jaar vir ‘Verlore’
– Zaan Sonnekus – Alternatiewe/ rock liedjie van die jaar vir ‘Ek kan net bid’
-Scheppel – Twee vir Instumentale liedjie van die jaar, ‘Toe vind ek jou’, en ‘Dorp toe’
– Irene Louise van Wyk, popliedjie van die jaar vir ‘Tekkies brand’, en Kunstenaar van die jaar
– Jo Black en Refentse – Liedjieskrywer van die jaar en Afrikaanse liedjie van die jaar vir ‘Rig jou oë na die berge’
– Riaan Benade – musiekvideo van die jaar vir ‘Vat ’n bietjie’, popliedjie van die jaar vir ‘Kannie sonder jou’ met Demi Lee Moore, Vervaardiger van die jaar (Juan “floors” Oosthuizen) vir ‘Rowwe bliksem’ met Jay, en Kunstenaar van die jaar
– Franna Benade – Twee vir Geestelike Liedjie van die jaar, ‘Krag in die bloed’, en ‘Net soos ek is’
– Vatvas Dansorkes – Twee in Boeremusiek Liedjie van die jaar vir ‘Vaaldam toe’ en ‘Volstruis vastrap’, en instrumentale liedjie van die jaar vir ‘Vatvas se blues’
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
