Local news

Afrikaanse musiekster is gesonde babadogtertjie ryker

Die Aitsa-toekennings laat aanhangers toe om vir hul wenner van keuse in elke kategorie te stem, met stemlyne wat nog oop is tot 16 November. 

Afrikaanse musiekster Simoné Roets is vanjaar een van die genomineerdes in die Aitsa-toekennings vir Nuweling van die jaar.

Maar Roets het verlede week groter goeie nuus gehad met die geboorte van haar en haar man, Estiaan, se dogtertjie.

Roets het op die Afrikaanse musiektoneel verskyn en haar merk gemaak met haar eerste twee treffers “Dans in die Donker” en “Ongerep” wat vinnig radiostasies en speellyste oor die land bereik het.

Die Aitsa-toekennings laat aanhangers toe om vir hul wenner van keuse in elke kategorie te stem, met stemlyne wat nog oop is tot 16 November.

https://www.pretoriafm.co.za/aitsa-toekennings/

Rekord het met Roets gesels oor haar pienkvoet.

Somer Anneh Roets, gebore 24 Oktober. Foto verskaf

Wat is jou hoop vir haar lewe?

Haar naam is Somer Anneh Roets, gebore 24 Oktober.

Somer, die rede vir haar naam omdat ons glo en bid dat sy soos die seisoen somer vir ander mense sal wees. Om liefde, warmte en vreugde te bring in elke situasie en vertrek wat sy in is. Ons leef in ’n tyd waar ons almal ’n bietjie te gefokus is op onsself en ons eie lewens en dinge, ons gebed vir haar is dat sy van vroeg af sal fokus op ander en ander se behoeftes.

Anneh, haar tweede naam beteken ‘genade’ – en dit voel of sy ons reeds leer om meer genade vir onsself en ander te hê.

Ek is seker sy gaan lief wees vir musiek, van dag een af in my maag hoor sy al my kitaar en my stem konstant.

Dit is omtrent ’n jaar sedert jy met jou eerste twee treffers gedebuteer het. Hoe het die jaar jou behandel?

Ons het in Januarie 2022 besluit om terug te trek Suid-Afrika toe na vyf jaar in Brisbane, Australië. Die rede was familie, my musiek en ’n baie goeie werksgeleentheid vir Estiaan. Ons het soveel vrede oor ons besluit en geniet dit regtig om rondom familie te wees, veral in hierdie tyd met klein Somer.

Wat beteken dit vir jou om benoem te word vir die Nuweling van die jaar by vanjaar se Aitsa-toekennings?

As jy jou hart en kreatiwiteit uitstort in iets, dan is dit nogal spesiaal om erkenning daarvoor te kry. Ek dink om iets te skep moet genoeg wees, maar om te weet dat dit iets vir ander mense ook beteken is regtig lekker en dit bemoedig my om aan te hou skryf en my pad te stap in die musiekbedryf hier.

Noudat jou gesin groei, wat is volgende vir Span Roets?

Alles is in plek vir my om my vol album in Maart 2023 vry te stel. Ek voel trots op die finale produk en sien uit om dit met mense te deel!

Baba Somer saam met haar gelukkige pappa, Estiaan Roets. Foto verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button