Local news

AfriForum-Moot het groot planne vir buurt

Die buurtspan mik om agt spanne te bou om die probleme in die area aan te pak.

AfriForum Moot se buurtspan het groot planne om die omgewing in stand te hou en op te bou.

Hulle het die afgelope week weer aan parke en strate aandag gegee.

“AfriForum Groter-Moot het tans ses voltydse buurtspanlede wat saam twee buurtspanne opmaak,” sê buurtbeampte vir AfriForum Groter-Moot, Andries Opperman.

“Hierdie buurtspanlede werk aan oplossings van munisipale probleme.

“Ons het met die hulp van ons sakenetwerkvennote ’n rondomtalie in Moulton-parkie verwyder en herstel en weer geïnstalleer.”

Die lede het ’n stukkende perdjie uit die Pierneef-parkie gehaal en is besig om dit te laat regmaak.

“Die buurtspan het ook ’n deel van Moultonlaan se padstrepe oorgeverf.”

Die burgerregteorganisasie het hande gevat met verskeie besighede om hulle projekte te finansier.

“Van die besighede wat ons getrou ondersteun is Farmivore, Crystal Paints, Harcourts Evolve, Avbob, Invicta, ATW Construction, Foodle, Steijn Eiendomme, Gorivo Enginering, Popey Skips, Silo Warehouse en verskeie ander.

“Hierdie sakevennote maak ons hande sterk om te stry teen die staatsverval.”

Bekende Moot-besigheidsman, Barend du Plessis, borg die Fratesweg-projek.

“Met hierdie projek beplan ons om ten minste vir ses maande, elke dag twee buurtspanlede in Fratesweg te plaas om die pad weer in sy glorie te herstel.

“Die span het al groot dele van Fratesweg se padhoeke skoongeskoffel, lang gras gesny en rommel opgetel.”

Opperman sê hy is baie opgewonde oor die span se toekomstige planne.

“Een van AfriForum Groter-Moot se projekte waaroor ons baie opgewonde is, is om die area voet- en fietsvriendelik te maak en om ’n ‘walkable community’ te bou.

“Deel van hierdie projek is om bankies te bou in parkies en ons beplan om dit later ook uit te brei na die spruitareas.

“Met die hulp van ATW Construction het ons reeds een bankie gebou in die Moulton-Oos-parkie, en is tans besig om nog twee te bou, een in Haarhoff-parkie en nog een in Moulton-Wes.”

AfriForum Moot mik om agt buurtspanne te bou, elkeen met se eie bakkie of trok wat dwarsdeur die Moot-area kan werk om die dorp skoon te maak en in stand te hou.

“Ons nooi graag inwoners wat hierdie droom deel uit om aan te sluit as lid by AfriForum.

“Besighede wat saam wil bou, dalk nog wil borg of wil help koop aan ’n bakkie kan ons gerus kontak by grotermoot@afriforumtak.co.za.”

LEES MEER> Altruïsme vloei deur HTS John Vorster se are

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button