Alter Ego, die tweeling van Pretoria met twee Aitsa-benoemings
Die Aitsa-benoeming beteken vir Alter Ego baie, en alhoewel ons voel dat dit net ’n beginpunt is van wat ons alles gaan bereik in die musiekbedryf, is ons gerusgestel om te sien daar is reeds areas waarin wat ons ’n impak begin maak en dat ons hier en daar raakgesien en waardeer word.
Die Oates-tweeling is ’n nuwe krag om mee rekening te hou op die Afrikaanse musiektoneel.
Hul het twee benoemings by vanjaar se Aitsa-toekennings, een vir Nuweling van die Jaar, en nog een vir hul liedjie “Verlore”, vir Alternatiewe/Rockliedjie van die Jaar.
Justin en Darren Oates, wat hul loopbaan onder die naam Telepathy begin het, het hul groove gevind toe hulle weer as Alter Ego begin het, en toe het dinge regtig begin. Maar musiek is nie hul enigste sukses nie, albei seuns het ingenieursgrade en hulle het voorheen naam gemaak in motorsport waar hulle deur Total geborg is.
Rekord het met Alter Ego gesels oor hul benoemings:

Alter Ego is gebore uit jou oorskakeling na die Afrikaanse musiekwêreld. Wat is dit van Afrikaanse musiek wat jou sukses wys?
Alhoewel ons besluit het om die Afrikaanse musiekbedryf te betree met die naam Alter Ego, was die naam doelbewus gekies om in beide Engels en Afrikaans sin te maak. Ons voel dat die sukses waarvoor ons mik nie noodwendig as gevolg van Afrikaanse musiek oor die algemeen is nie, maar eerder die feit dat ons voel daar ’n groot gaping in die Afrikaanse mark is wat ons kan vul. Dit bly ’n uitdaging om ’n internationale Afrikaanse musiekstyl te skep in ’n kultuur wat vashaak in ’n groef.
Julle is benoem vir ’n Aitsa Nuweling van die jaar-toekenning en Alternatiewe/Rock-liedjie van die jaar. Wat beteken die benoeming vir die groep?
Die Aitsa-benoeming beteken vir Alter Ego baie, en alhoewel ons voel dat dit net ’n beginpunt is van wat ons alles gaan bereik in die musiekbedryf, is ons gerusgestel om te sien daar is reeds areas waarin wat ons ’n impak begin maak en dat ons hier en daar raakgesien en waardeer word.
Motorsport, ingenieurswese, musiek. Wat kan julle nie doen nie?
Ons het al baie dinge gedoen en probeer. Op hierdie stadium is ons besig met ons ingenieursbesigheid en ons musiekloopbaan is al waarvoor ons regtig tyd het as ons alles wat ons aanpak ordentlik wil doen. Die motorsport kan darem ook as bemarking vir ons besigheid en musiek gebruik word en word meer in daai lig gesien op hierdie staduim.
Hoe kry jy oënskynlik sukses in al die dinge waaraan jy raak?
Alhoewel dinge op die oog af partykeer maklik lyk en op sosiale media soos ’n lekker rustige lewe lyk, werk ons van oggend tot aand aan onsself en jaag sukses na vir onsself, nie vir iemand anders se besigheid of lewensdoelwitte nie. Dit is ’n denkwyse waar ons voel dat mens baie meer kan bereik, selfs al werk ’n mens vir ’n besigheid: Doen dit vir jou eie ontwikkeling. Dit is waar dat ons baie hard werk om sukses te bereik vir onsself, en alhoewel dit dalk baie selfsugtig klink, is die doel van alles waarmee ons betrokke is om die wereld ’n beter plek te maak vir almal.
Wat beteken gemeenskap vir julle?
Ons gemeenskap is ’n baie sterk ondersteuningstruktuur, klankbord en meganisme om ’n wyer mark te bereik. Ons voel dat dit belangrik is om eers suksesvol in jou eie gemeeskap te wees voor jy verder beweeg. Die gemeenskap sluit die mense naaste aan jou, jou kultuur en jou omgewing in. Johannesburg en veral Pretoria het ’n oorvloed van goeie skole en universitiete met ’n verfrissende jong kultuur wat baie bydra tot ons sukses.
Die Aitsa-toekennings laat aanhangers toe om vir hul gunstelingkunstenaars te stem, maar die tyd raak min. Stemming sluit volgende Woensdag, 16 November.

Image providedDo you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
