AfriForum Uitgewers maak hul deure toe
Manuskripte van die publiek sal dus ook nie meer vir publikasie oorweeg word nie.

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) was vir die afgelope 12 jaar die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging.
Die primêre fokus was om instellings in die beweging te ondersteun met die uitgee van hoëgehalte publikasies oor sake van belang vir die onderskeie organisasies, asook om ’n gebalanseerde weergawe van die Suid-Afrikaanse geskiedenis (in die besonder Afrikaner-geskiedenis) te bied.
Met ’n herbelyning van die Solidariteit Beweging se werksaamhede, is daar besluit dat die uitgewery in sy huidige formaat moet ophou bestaan.
Dit beteken dat hulle voortaan nie meer boeke en ander produkte gaan verkoop of versprei nie.
Manuskripte van die publiek sal dus ook nie meer vir publikasie oorweeg word nie.
Die funksie om instellings in die Solidariteit Beweging met publikasies te ondersteun, sal wel behou word.
AfriForum het hulle kliënte bedank vir hul jarelange ondersteuning.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
