Die Moot-projek maak sirkel in Meyerstraat skoon
As gevolg van die reën kon die span vir ’n aantal dae nie werk nie, maar hulle was binnekort weer op hul pos om op te maak vir die dae wat hulle verloor het.
Die Moot-projek het ’n produktiewe week agter die blad.
Die sirkel in Meyerstraat is skoongemaak met die hulp van die Wonderboom-Suid- en Rietfontein-gemeenskap.
Die buurtspan streef ook steeds daarna om die gebied te verfraai deur om die gras te sny en daagliks papiere en gemors op te tel.
’n Plaaslike besigheid het ingespring om te help om die gras te sny.
As gevolg van die reën kon die span vir ’n aantal dae nie werk nie, maar hulle was binnekort weer op hul pos om op te maak vir die dae wat hulle verloor het.

Hul fokus bly om sypaadjies skoon te kry, vullis daagliks op te tel, bome te snoei, pale en bome skoon te kry deur onwettige advertensies en plakkers af te haal, lang gras te sny – waar moontlik, waar die randsteen en teer bymekaar kom skoon te maak en
verstopte waterdreine oop te maak.
Die Moot-projek moedig Moot-inwoners om by hulle aan te sluit en ’n verskil in hul gemeenskap te maak.
Diegene wat belang stel om deel te word van die Moot-projek, kan ’n e-pos stuur aan hennie@diemootprojek.co.za.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
