Local news

Buurtspan maak gevaarlike pad in Lyttelton skoon

Unielaan is ’n baie gevaarlike pad. Die middelman was baie oorgroei en ons het dit op onsself geneem om dit skoon en veilig vir die gemeenskap te maak,” sê Afriforum se streekswoordvoerder, Dewet Ungerer.

AfriForum Centurion se buurtspan het onlangs ’n gevaarlike pad in Lyttelton getakel.

Hulle het net een doel voor oë gehad: om die lewe vir die gemeenskap makliker en veiliger te maak.

“Unie-laan (naby Trichardtstraat) is ’n baie gevaarlike pad. Die middelman was baie oorgroei en ons het dit op onsself geneem om dit skoon en veilig vir die gemeenskap te maak,” sê AfriForum se streekswoordvoerder, Dewet Ungerer.

Ungerer sê dat die organisasie fondse insamel om hierdie tipe gemeenskapsprojekte van stapel te stuur.

“Dit is nie spesiale projekte nie; ons maak middelmanne skoon, ons maak parke skoon, ons plaas sementbakke in parke waar die gemeenskap dan kan gebruik om seker te maak dat die rommel nie rondlê nie.”

Hy sê dat die AfriForum Centurion-tak eksponensieel gegroei het in die laaste twee en ’n half tot drie jaar sedert hulle gestig is.

“Ons het twee parke deur die Tshwane Adopt-a-Spot-inisiatief aangeneem wat albei in Valhalla is: Furman-park en dan ook Montague Kneen-park.”

Die AfriForum Centurion-tak is verantwoordelik om die parke netjies te hou, asook om die gras in daardie parke te sny, om seker te maak dat dit begaanbaar is vir gemeenskapslede.

“Soos die middelmanprojek, werk ons reg deur Centurion en Valhalla, Rooihuiskruin Eldoraigne sover moontlik Lyttelton, Clubview, en elke area waar ons moontlik kan bereik, probeer ons hierdie tipe aksies loods.”

Ungerer sê aangesien Centurion ’n baie groot gebied is, probeer hulle weekliks deur elke woonbuurt of gemeenskap ry.

Hy sê dat buurtspanne elke week alle parke en middelmanne wat ’n gevaar vir die gemeenskap inhou, skoonmaak met die toerusting wat met fondse uit die area aangekoop is.

Die organisasie poog om gemeenskappe aan te moedig om die inisiatief aan te neem om hul eie omgewing te verbeter wanneer niemand anders dit doen nie.

“Die enigste pad vorentoe om staatsbestand en selfstandig te wees is deur sterk gemeenskapsinstellings en private maatskappye te skep.

“Dis moontlik. Ons moet net meer van onsself dink en meer van onsself verwag.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button