Paasfees tafelwenke van bobaas bloemis
"Gebruik organiese materiale soos grasmandjies, of plekmatjies."
Moot-bloemis, Stefan Smuts, verskaf die volgende wenke om inwoners te help om hul Paasfees-tafel so mooi as moontlik te maak en sodoende die naweek met soveel vreugde as moontlik te geniet.
“My eerste wenk is om gebruik te maak van sagte pastelkleure, saam met ’n basiese kleur van wit.
“Gebruik organiese materiale soos grasmandjies, of plekmatjies.
“Moet nie bang wees om grond te gebruik as jou tafeldekor nie. Dit kan baie effektief wees met groen graspolle,” verduidelik die bloemis.
Smuts moedig inwoners aan om ’n verskeidenheid blomme te gebruik.
“Kes wilde veldblomme, of bol blomme soos affodille, ranonkels en tulpe.

“Dit kan ook baie mooi wees as jy die bol met wortels aan die tulpe los en so gebruik. Potplante kan ook ’n baie mooi fokus skep as deel van jou ontwerp, waar jou gaste dit na die tyd kan huis toe neem.
“Maak ook gebruik van verrassingselemente soos eetbare dekor (sjokolade eiers) in die middel van jou tafel. Dit kan ook baie mooi wees om te inkorporeer as jy jou tafeldekor ontwerp en dan vorm dit ook interaksie met jou gaste.”
Smuts sê die gebruik van glas kan ook jou versierings opkikker.
“Glasdekor of elemente werk baie goed hiermee saam. Maak altyd seker jou glas is mooi blinkgevryf en kristalhelder. Om goud op ’n baie subtiele manier in te bring kan ook ’n baie suksesvolle resultaat lewer.
“Laat jou kreatiwiteit vloei en maak dit joune en onthou die beste van alles is om dit te geniet,” sluit Smuts af.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
