Local news

Groter Moot-buurtspan deel Maart se suksesse

Dié span het weggespring en in totaal ’n oppervlak van 18.8 hektaar se gras gesny en ongeveer 483 ure met bossiekappers gewerskaf.

AfriForum se Groter Moot-buurspan het gedurende Maart die spreekwoordelike bul by die horings gepak en ’n groot aantal werk gedoen om die Moot te verbeter.

Dié span het weggespring en in totaal ’n oppervlak van 18.8 hektaar se gras gesny en ongeveer 483 ure met bossiekappers gewerskaf.

Die metro het 96 sakke rommel weggery wat die span bymekaargemaak en op verskeie punte uitgesit het.

Die spanlede het self ook vyf vragte vullis met ’n bakkie en sleepwa weggery.

Verder het hulle 27 verkeersligte, agt straathoeke, twee verkeerskruisings en twee verkeerseilande oorgeverf.

Die span het egter nie daar gestop nie. Hulle het ook ’n bankie in ’n park gebou sodat die publiek die opgeknapte area kan geniet.

“AfriForum sal aanhou om in ons gemeenskappe te woeker veral wanneer die regering of munisipaliteit misluk.

“Op dié manier skep ons in ons gemeenskappe hoop deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Buurtbeampte Andries Opperman sê hul doel is om eendag ’n dorpsraad in die Moot te stig.

“Hierdie is nog ’n stap nader om ons droom te verwesenlik om ’n gemeenskapsgebasseerde dorpsraad te vestig in die Moot wat omsien na die inwoners se munisipale behoeftes en veiligheid,” verduidelik hy.

Opperman moedig alle Moot-inwoners aan om deel te word van hulle span.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button