Villieria is Moot Projek se nuutste projek
Die Projekspan beplan om die week op die brug in 13e Laan te fokus en ook die gebied aan die westekant van die brug wat grootliks in ’n hool ontaard het.
Die Moot Projek-span het verlede week hul fokus na Villieria verskuif waar hul letterlik honderde sakke se rommel verwyder het.
Gedurende die afgelope week het Die Moot Projek se tydelike kontrakwerkers hard in die Riviera-area gewerk onder leiding van Anita (Rietondale se verteenwoordiger) en Lizette.
Dié twee dames het bitter hard gewerk om dinge vlot te laat verloop.
Volgens hulle Facebook-blaaie is werk veral in Parkerstraat vanaf Maandag tot Woensdag gedoen.
Hulle vra weer Parkerstraat se inwoners om asseblief te help om die sypaadjies skoon te hou.
“Dis die tweede keer in ses maande dat ons letterlik honderde sakke (die eerste keer was ver oor die 700 sakke) in daardie area bymekaar maak en wegry.
“As elkeen net voor sy eie huis skoonhou, sal dit nie nodig wees nie,” lees een van hulle Facebook-plasings.
Die Projekspan beplan om die week op die brug in 13e Laan te fokus en ook die gebied aan die westekant van die brug wat grootliks in ’n hool ontaard het.
Hulle gaan die gebied en die brug skoonmaak en verdere herstel- en instandhoudingswerk doen.
Die span het oor die Paasnaweek ’n kruis op die dak van die slothuis opgerig.
“Die gedagte is om telkens tydens Paasfees en Kerfees die kruis daar te vertoon vir ongeveer ’n maand en dit dan weer te verwyder.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
