Jong ponies galop by die Voortrekkermonument
“Perde het tradisioneel ’n baie groot rol gespeel in ons geskiedenis; van voor die Groot Trek, deur die Trek tot by die Anglo-Boereoorlog,” sê Cilliers.
Die Pioniersentrum by die Voortrekkermonument is Dinsdag twee ponies ryker.
Jaco Cilliers, bestuurder van Erfenisbewaring by die VTM, sê hulle is baie opgewonde oor hierdie uitbreiding.
“Ons sien uit na die opvoedkundige waarde wat dié twee jong ponies tot die Pionierswerf gaan toevoeg.
“Perde het tradisioneel ’n baie groot rol gespeel in ons geskiedenis; van voor die Groot Trek, deur die Trek tot by die Anglo-Boereoorlog,” sê Cilliers.
“Dit is vir ons van onskatbare waarde om ook hierdie deel van ons geskiedenis hier by die Pioniersentrum te kan verteenwoordig.
“Veral omdat dit ons ook in staat stel om ons jeug meer te leer oor die geskiedenis.”
Die Pioniersentrum bied gereelde opvoedkundige programme aan vir studente en leerders van regoor die land.
Daarom is elke uitbreiding wat op die Pionierswerf plaasvind, ongelooflik waardevol vir die VTM en hul besoekers, verduidelik die VTM in ’n persverklaring.
“Ons gebruik dikwels die perde hier by ons as grondslag van ons lesse. Mense, veral die jongmense, vind baie aanklank by ons diere.
“Hulle stel mens werklik in staat om vir die paar uur wat jy hier kuier, deel te word van die lesse en stories wat ons hier vertel.”
Die Pionierswerf het oor die afgelope paar jaar uitgebrei tot ’n spogplaas met makoue, kalkoene, hoenders, varke, dwergbokke, ponies en perde.
LEES MEER: Tshwane to test water tests in Hammanskraal as cholera outbreak bites
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
