Local news

Marcel Dalmayda sing oor gebroke harte in treffende nuwe rockballade

“Dis die verhaal van twee mense wat mekaar gevind en liefgekry het. Maar alles werk nie altyd uit wat jy wil hê dit moet nie.”

Om iemand vir wie jy lief was saam met iemand anders te sien en te weet hulle is gelukkig kan pynlik wees, al is dit vir die beste, verduidelik Marcel Dalmayda.

Dié Pretoria rocker, sing oor hoe dit voel wanneer liefde nie uitwerk nie in sy splinternuwe enkelsnit, “Iemand Anders”.

Louwrens Bezuidenhout, wat dié rockballade geskryf en vervaardig het, sê: “Die snit vertel die storie van ’n somerliefde wat baie vinnig, baie sterk geraak het.

“Dis die verhaal van twee mense wat mekaar gevind en liefgekry het.

“Soos wat die storie aanbeweeg raak dit egter duidelik dat, soos met baie dinge in die lewe, alles nie altyd uitwerk soos wat jy wil hê dit moet nie.

“Dit lei dan tot baie twyfel, vrae en pyn en almal ken die seer van verlore liefde op een of ander manier.”

Bezuidenhout sê mense sal aanklank vind by die liedjie omdat daar, soos met my ander musiek, “ware emosie en betekenis daaragter is”.

“Dit gaan oor die gevoel om iemand te verloor vir wie jy lief is en hom/haar daarna saam met iemand te sien en te weet dat dit nie sou uitwerk nie,” voeg Marcel by.

“Iemand Anders” is reeds dié veelsydige musikant se vyfde Afrikaanse radiovrystelling en beloof om binnekort die trefferparades te begin klim.

Alhoewel hy eers in 2013 professioneel begin sing het, bekoor dié Pretorianer al gehore vanaf sy kleuterskooldae en was musiekmaak nog altyd al wat hy wou doen.

Hy put inspirasie vir sy eie musiek uit sy eie lewenservaringe en meen dat groot rockgroepe en -musikante uit die verlede almal ’n groot invloed gehad het op sy eie styl.

Oor die jare, het hy ’n indrukwekkende lys loopbaanhoogtepunte bereik, waaronder sy blinde oudisie op en deelname aan The Voice SA in 2016, verskynings op Noot vir Noot en Musiek Roulette en vele meer.

Tans is al sy fokus op sy musiekloopbaan en werk hy baie hard daaraan om die beste weergawe van homself te wees.

Met “Iemand Anders” bewys hy weereens hoekom hy uniek is en sy plek in die rockmusiekbedryf verdien.

“Dis die verhaal van twee mense wat mekaar gevind en liefgekry het. Maar alles werk nie altyd uit wat jy wil hê dit moet nie.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button