Local news

Honderde onthou gevalle helde

Militêre veterane het Sondag by die Weermag Muur van Herinnering saamgekom om met ’n kransleggingseremonie hulde te bring aan afgestorwe lede van die weermag.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) het Sondagmiddag gasheer gespeel vir honderde veterane en hul familie en vriende tydens ’n gedenkdiens ter nagedagtenis aan dié wat hul lewens opgegee het vir Suid-Afrika.

Die SAWV en raad vir militêre veterane organisasies (RMVO) hou gereeld gedenkdienste by die gedenkmuur by die Voortrekkermonument.

Sondag was een van die grootste byeenkomste hierdie jaar: die jaarlikse RMVO-gedenkdiens.

SA militêre veterane organisasie (Samvo) en verskeie ander militêre veterane organisasies het voor die SA Weermag Muur van herinnering saamgekom om met ’n kransleggingseremonie hulde te bring aan afgestorwe lede van die SANW.

Genl. Gert Opperman, voormalige hoof van die VTM en Pieter Groenewald van die VF Plus.
Genl. Gert Opperman, voormalige hoof van die VTM en Pieter Groenewald van die VF Plus.

“Hierdie is weer ’n geleentheid om hulde te bring aan die weermaghelde uit ons verlede en die familie wat hulle agtergelaat het,” vertel afgetrede genl.maj. Lawrence Smith, voorsitter van die Pro Patria Museum.

Die gedenkdiens is deur politici en verskeie bekendes bygewoon.

Tshwane-burgemeester Cilliers Brink het ook die geleentheid bygewoon.

Brink sê dit is belangrik om hulde te bring aan die helde uit ons verlede.

“Ek woon al vir jare hierdie gedenkdiens by en kom plaas ’n krans vir ons jong mans op die grens. Ek dink dit is baie belangrik, nie net om hulde te bring aan ons gevalle soldate nie, maar ook aan hul families wat vandag hier is om hul lewens te vier.”

LEES : Ethiopian star returns to SPAR Grand Prix in style with victory in Gqeberha

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button