Rioolwater oorstroom strate in Capital Park
“Hulle verwag van ons om in hierdie toestande te leef en dit is onaanvaarbaar.”

Capital Park inwoners wat in Myburghstraat woon, is gefrustreerd met die rioolwater wat onverpoosd in hul straat afloop.
“Daar is twee plekke waar die riool in die strate in die stormwaterstelsel inloop,” het ’n inwoner, Flip Venter, aan Rekord vertel.
Hierdie probleem het volgens een van die inwoners al in Desember verlede jaar begin.
“Mense het longprobleme as gevolg van die die vieslikheid.
“By een plek pomp die inwoner dit weg met ’n pomp.”
Inwoners kla dat hulle nie die badkamers in hul huise kan gebruik nie.
Die inwoner sê hy het al menige kere klagtes by die metro ingedien.
“Ons bel en bel maar ons hoor niks terug nie.
“Hulle verwag van ons om in hierdie toestande te leef en dit is onaanvaarbaar.”
Swak dienslewering het onlangs ’n kwessie in die Moot-area geword en inwoners soek antwoorde en oplossings.
Rekord het verlede week berig oor gebarste waterpype in Gezina.
Volgens inwoner Jasper van der Westhuizen, duur die probleem al langer as ’n week voort.
Van der Westhuizen het die probleem gereeld aangemeld net vir die metro om ’n verwysingsnommer te verskaf en nie op te volg nie.
Dit kom namate Tshwane se skuld aanhou styg.
In 2021 het Tshwane se ontluikende debiteureboek op R17-miljard gestaan en het op 16 Maart versleg tot R20.8-miljard weens voortgesette mislukkings van hul kant om die skuld te delg.
Die metro pak die skuld op onvermoë om gevorderde tegnologie te implementeer om sy invorderingspoging van hierdie hoë skuld te bemagtig.
Hierdie skuld het swaar geweeg op metro finansies, wat die risiko verhoog om die toekomstige voorsiening van basiese dienste te ontwrig.
Rekord het die metro genader vir kommentaar maar het nog geen terugvoer ontvang nie.
LEES MEER: Jong ponies galop by die Voortrekkermonument
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
