Local news

AfriForum kom tot gemeenskap se redding in waterkrisis

Een van die buurtspan se bakkies het vinnig in ’n watertrok verander.

AfriForum Groot Moot se buurtspan het veral tot ouetehuise se redding gekom toe die Moot se krane laas week skielik droogloop.

Volgens wyksraadslid Mari Joubert is die probleem veroorsaak deur ’n fout in een van die hoofwaterpype wat deur die Moot loop.

Om die pype reg te maak, moes die Waverley-reservoir tydelik afgeskakel word.

“Spanne werk hard om waterlekke reg te maak. Ja, dis nie lekker om nie te kan stort nie, maar asb kom ons hou moed,” het Joubert op ’n Facebook-plasing gesê.

Inwoners wou intussen antwoorde hê.

“Ons was vir twee dae sonder water.

“Die water was net toegedraai sonder enige waarskuwing,” sê Queenswood-inwoner Ilze van Deventer.

AfriForum kom tot gemeenskap se redding in waterkrisis
AfriForum Groter Moot het een van hulle bakkies in ‘n tydelike watertrok verander om water te verskaf.

AfriForum Oos-Moot het ingespring om water aan die gemeenskap te verskaf.

“Ons was besig om spruitwalle te snoei toe Mari Joubert ons bel en vra of ons die mense met water kan help,” verduidelik buurtbeampte Andries Opperman.

“Die grootste probleem was dat ons bejaardes nie hul toilette kon spoel nie.

“Ons planne vir die dag het vinnig verander.”

Opperman sê een van hul bakkies het vinnig in ’n watertrok verander.

“Huis Vergenoeg en Oos-Moot Ouetehuis sit toe al 44 uur sonder water.

“Hulle kan eers op 48 uur kla as daar nog nie ’n watertrok opgedaag het nie.

 

Die buurtspan het water aan Huis Vergenoeg verskaf.

“Die water is wel kort daarna weer aangeskakel.

“Ons sal al hoe meer moet mobiliseer en moet voorsorg tref dat ons voorbereid is op ’n leefstyl van staatsmislukking en selfbestuur,” sê Opperman.

Mari het AfriForum bedank vir hulle hulp.

“Hulle help ons altyd uit waaneer daar nood is.”

Maandag het Joubert aan Rekord bevestig dat die watertoevoer herstel is.

“Daar is water, maar min,” sê Joubert.

LEES MEER: Metro hou Helde Akker-begraafplaas in stand

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button