Local news

Metro hou Helde Akker-begraafplaas in stand

Die begraafplaas is die tuiste van baie historiese figure insluitend Paul Kruger, Hans Strijdom en vele ander.

Metrowerkers bly toegewyd om die Helde Akker-begraafplaas skoon, netjies en veilig te hou.

Solly Manenzhe, Mmakwena Mikala en baie ander metrowerkers kom elke dag by die begraafplaas bymekaar.

“Ons begin by die ingang en werk deur die begraafplaas,” sê Manenzhe.

Sekuriteit is ook streng om te verhoed dat diefstal of vandalisme plaasvind.

Toe Rekord Donderdag die begraafplaas besoek het, was die werkers besig om die gras met onkruidvreters te snoei terwyl ’n vragmotor die gesnyde gras optel.

Wyksraadslid Mari Joubert sê die begraafplaas is vir haar baie belangrik.

“Dit is een van die oudste begraafplase in Pretoria en dit is baie dierbaar vir mense van die Moot en ons wil dit mooi en skoon vir hulle hou.

“Ons wil hê mense moet weet daar sal na hul geliefdes omgesien word as hulle hierheen kom,” sê Joubert.

“Almal weet die metro het ’n knap begroting, maar ons doen alles in ons vermoë om waardigheid aan ons mense te bring.”

Wykraadslid Mari Joubert (middel) saam met metrowerkers Solly Manenzhe en Mmakwena Mikala.
Wykraadslid Mari Joubert (middel) saam met metrowerkers Solly Manenzhe en Mmakwena Mikala.

Die Helde Akker is in 1867 geopen en is die rusplek van baie bekende Suid-Afrikaners, veral talle historiese figure waaronder Paul Kruger, Joupie Fourie, Hans Strijdom, Hendrik Verwoerd en vele ander.

In 1973 was Tom Andrews (met die hulp van die Girl Guides) die begraafplaas se eerste landmeter.

Hy het al die grafte gedokumenteer en later gepubliseer in ’n boek genaamd Pioneer Sketches wat in 1983 gepubliseer is.

Al die grafte wys na die ooste as gevolg van die feit dat dit’n Christelike begraafplaas is.

AfriForum het verlede maand ’n span gestuur om die metrowerkers te help om die begraafplaas skoon te maak.

Hulle het veral gefokus om rondom die grafstene skoon te maak.

Die metro beplan om ’n heining te herstel wat in ’n motorongeluk, wat vroeër vanjaar plaasgevind het, vernietig is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button