Local news

Geen maklike of vinnige oplossing vir gebarste pype in Moot nie, volgens raad

Die raad sê die probleem raak nie net een adres nie, maar strek oor twee straatblokke.

Daar is nie ’n maklike en vinnige oplossing om die gebarste pype in die Moot te herstel nie, sê die plaaslike raad.

Moot-inwoners het verlede week by Rekord gekla dat riool weens gebarste waterpype in die strate afstroom.

Hierdie is veral ’n groot probleem in Myburghstraat in Capital Park.

“Daar is twee plekke waar die riool in die strate in die stormwaterstelsel inloop,” het inwoner Flip Venter aan Rekord vertel.

Volgens een van die inwoners loop die riool al sedert Desember laas jaar af in die straat af.

“Mense het longprobleme as gevolg van dié viesikheid.”

Die raad verduidelik dat die pype nie maklik bereikbaar is nie. Oor die algemeen is die pype 4m diep, maar in party areas tot 7m diep.

Inwoners ry ook gereeld oor of naby die posisie van die rioolpypstrukture.

Die raad sê die probleem raak nie net een adres nie, maar strek oor twee straatblokke.

Hulle het verder verduidelik dat van die pype meer as 80 jaar oud is en vervang moet word.

Die Tshwane metro se stygende skuld dra ook by tot die probleem.

Op 16 Maart staan die metro se skuld op R20.8-miljard en daar is nie genoeg fondse beskikbaar om basiese dienste te lewer nie.

Lees meer: Skouspel tussen Naka Bulle en Tuks lewer meer as 100 punte op

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button