Local news

Pretoria: ’n wêreldklas-stad teen 2050

“Daar is definitief geleentheid om hierdie land te red en ’n ander toekoms te skep.”

Die Pretoria Sakekamer beoog om Pretoria teen die jaar 2050 in ’n wêreldklas-stad te omskep.

Dit was volgens Fergus Ferguson van die Sakekamer tydens ’n byeenkoms van die sakekamerlede by die Centurion Golfklub Estate vroeër hierdie week.

Tshwane-burgemeester, Cilliers Brink, was ’n gasspreker by die byeenkoms.

Brink het die lede aangespreek en verduidelik dat die stadsraad tans deur ’n moeilike finansiële tyd gaan.

“Tog is ons bereid om saam met die gemeenskap te werk om uit hierdie moeilike tyd te kom,” sê Brink.

Brink het verduidelik dat die Pretoria Sakekamer ’n groot rol in hierdie poging gaan speel.

“In ons gemeenskappe is daar reeds die kundigheid, die hulpbronne en die dryfkrag wat ons net deur samewerking en vennootskap kan ontsluit.”

Brink vertel dat die munisipaliteit in ’n kritiese toestand is en vernootskappe met besighede veral nou baie belangrik is.

“Daar is definitief geleentheid om hierdie land te red en ’n ander toekoms te skep.”

Volgens Brink is dit belangrik vir almal om te verstaan dat Tshwane se finansies in ’n kritieke toestand is.

“Ons is in finansiële moeilikheid en ons moet dit duidelik stel vir almal om bewus te wees daaroor.

“Beurtkrag bly ’n groot probleem en is ’n groot bydraende faktor tot dié finansiële nood.”

Volgens Brink was daar min mense wat besef hoe beurtkrag die finansiële model van munisipaliteite verwoes.

“Ons betaal ’n hoër tarief aan Eskom tydens piektye vir krag,” verduidelik hy.

“Maar as jy dan in piektye beurtkrag het, kan jy nie daai eenhede wat jy vooraf aangekoop het, verkoop nie en dan het jy ’n verlies.”

Brink vertel dat alternatiewe krag die oplossing is.

“Ons kan net hierdie probleem oplos as ons onafhanklik van Eskom word.”

Brink sê dit mag dalk lyk asof die metro nie in die belang van die private sektor en sakegemeenskap werk nie.

“Maar ek hoop ons kan weer daai vertroue by julle herstel.

“Dit is ’n moelike taak want ons het ’n wanfunksionële instelling.

“Daar is baie beloftes wat gebreek is.”

Volgens Ferguson staan Pretoria op die drumpel van ’n nuwe era van besigheid: ’n geleentheid vir besigheidseienaars om “city changers” te word.

“City changers is a beginsel om die stad te verander, nie net op ’n fisiese manier nie maar ook ’n geestelike een.”

Ferguson sê daar is reeds groot beleggings gemaak in hierdie konsep.

“Ons wil ons besighede en Pretoria bevorder deur handelskoue, buitelandse handelsendings en alle ander maniere van plaaslike en internasionale belang.”

Die belangrikste is ook verhoudings, nie net met besighede nie maar ook met die gemeenskap, volgens Ferguson.

“Ons besef die waardes van verhoudings met mekaar en ook die breër gemeenskap.”

Ferguson sê die sakekamer se uitreik na Europiese lande was ook “baie vrugbaar en ons sien uit om verder met hulle te werk”.

Daar het die sakekamer geleer oor die konsep van ’n “sosiale en solidariteit-ekonomie”.

“Ons nooi die inwoners van Pretoria om direk by die sakekamer betrokke te raak om verbetering in die stad te sien.”

Unieke kunswerk bring hulde aan Voortrekkermonument

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button