Inwoners aangespoor om deel te neem aan openbare deelname om ‘n verskil te maak
Van verorderinge tot beplanningskwessies, inwoners word aangespoor om burgerlike vergaderings by te woon om te verseker dat hul unieke behoeftes en idees in ag geneem word.
Die voorsitter van die komitee van voorsitters moedig inwoners en belanghebbendes aan om aan Tshwane se Openbare Deelname en Burgerlike Bewustheid-prosesse deel te neem.
Oupa Matshiane verduidelik dat openbare deelname gemeenskapslede bevoordeel deur hulle ’n stem te gee in besluite wat hul lewens raak.
Hy sê as inwoners deelnemers is, kan hulle uitsien na beter dienste en ’n meer veerkragtige gemeenskap. Dit is omdat hul unieke behoeftes, kennis en waardes word dan in ag geneem, wat lei tot meer effektiewe en volhoubare oplossings.
Matshiane beklemtoon dat wanneer plaaslike regerings met gemeenskappe omgaan, hulle spesifieke behoeftes beter kan verstaan en openbare dienste kan aanpas om die kwaliteit van inwoners se lewens te verbeter.
“Dit laat ook toe dat diverse stemme, veral die van gemarginaliseerde of onder-verteenwoordigde groepe gehoor kan word. Dit lei tot regverdiger resultate en beleide wat sosiale ongelykhede aanspreek,” sê hy.
“Ons benodig burgerlike opvoeding, die proses om individue met die kennis en vaardighede toe te rus om aktief en ingeligte deelnemers in ’n demokratiese samelewing te wees.”
Hy sê dit strek verder as ’n eenvoudige verstaan van regeringstrukture; kritiese denke en ’n verpligting tot burgerlike omgang moet ook bevorder word.
“Dit is belangrik vir inwoners om kennis te neem dat openbare deelname-vergaderings en burgerlike bewustheidsprogramme is volgens sekere temas met betrekking tot verorderings, beleide en beplanningskwessies.
“Hierdie is platforms waar gemeenskapslede opgeroep word om hul insette te lewer oor ’n spesifieke tema,” voeg Matshiane by.
Hy beklemtoon verder dat hierdie prosesse belangrik is want wanneer burgers hul regte en verantwoordelikhede verstaan, kan hulle verkose beamptes en regeringsinstansies verantwoordbaar hou. Dit moedig deursigtigheid en verantwoordelike bestuur aan.
Matshiane sê hy wil inwoners en ander belangstellendes en instansies aanspoor om betekenisvol met die openbare deelname prosesse om te gaan.
Dit sal nie net sorg dat vergaderings vlot verloop nie, maar ook dat onderskeie departemente ingeligte kommentaar ontvang oor verorderinge en beleide wat voorgestel word.
Hy sê dat hy met die Speaker van die raad, Mncedi Ndzwanana, sal gesels om hom aan te moedig om op ’n reeks dienslewering oorsig imbizos te gaan.
“Hierdie imbizos sal gesentreer wees rondom die Speaker, ekself en die Afdeling 79-voorsitters wat al sewe stadsgebiede sal besoek en met ons inwoners en belanghebbendes praat oor hul diensleweringskwessies.
“Sodoende kan ons hul sorge terug neem aan ons komitees en verseker dat maniere gevind word om dit doeltreffend aan te spreek,” sluit Matshiane af.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
