Laerskool Lynnwood staan bankvas agter vroue krieketspan
Jong leerders maak hul stemme dik ter ondersteuning van Suid Afrika se Proteas-krieketspan.
Op Vrydagoggend het Laerskool Lynnwood, vanuit die ooste van Pretoria, hul ondersteuning gewys vir die Protea-vrouekrieketspan wat eerskomende Sondag in die Wêreldbeker-eindstryd teen Indië meeding.
Die graad 1 tot graad 7 skoliere was almal getooi in groen-en-goud en die skool se eie meisies-krieketspelers het hul helde geëer met pragtige koningsproteas en dié motiverende woorde: “GO PROTEAS GO! LYNNIES HET JOU!”
Die skoolhoof, mnr. Steve Stolk, het ook persoonlik aan die Proteas se afrigter, Mandla Mashimbyi, sterkte toegewens in ’n kort video wat spesiaal vir die spelers gemaak is.
Almal by die skool sien uit om die Proteas Sondag te ondersteun en vertrou dat hulle die beker gaan huis toe bring.
KYK:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.