Local news

Metro loods virtuele hulp om munisipale navrae op te los

Inwoners sal direkte toegang tot gespesialiseerde ampenare hê vir vinniger, persoonlike bystand tot 13 Desember.

Pretoria-inwoners sal nou direk met munisipale amptenare via Zoom kan skakel om foutiewe fakture, tariewe, kredietbeheer en kwessies met meterlesings op te los.

Die metro het onlangs ’n opgeknapte virtuele vergaderingsprogram geloods wat tot en met 13 Desember bystand regoor verskeie dienskategorieë sal bied.

Burgemeesterskomiteelid getaak met finansies, Onderburgemeester Eugene Modise sê inwoners kan direk met inkomstebeamptes deur die digitale platform skakel, om te verseker dat hul navrae vinnig, professioneel en met persoonlike aandag hanteer sal word.

“Die Tshwane se Finansiële Dienste Groep stel graag die hernude program bekend want dit bring munisipale dienste nader aan die inwoners en besighede wat ons bedien.”

Hy verduidelik dat die skuif na virtuele vergaderings die metro se verbintenis weerspieël om dienslewering aanhoudend te verbeter en gerieflike alternatiewe aan kliënte te bied wat direkte interaksie met amptenare vereis.

Modise voeg by dat deur van digitale kommunikasie-instrumente gebruik te maak, die stad sy kliënte bemagtig om toegang tot noodsaaklike dienste vanaf hul huise, kantore of draagbare toestelle te verkry.

“Ons spaar mense tyd en verbeter die algehele kliënte-ervaring,” sê hy.

Hy wys daarop dat die virtuele uitreiksessies so ontwerp is om gefokusde hulp te verleen aan groot rekening-verwante kwessies.

Die program sal rekening- en faktuurnavrae dek, insluitend korreksies van ramings, eiendomstariefnavrae, kredietbeheersake met ondersteuning vir terugbetalingsreëlings, herstelwerk van waterlekkasies en foutiewe elektrisiteitsmeters, asook navrae en registrasies vir die program vir behoeftiges.

Modise sê inwoners hoef slegs aan te teken op Zoom en die vergadering/meeting ID selekteer wat met die aard van hul navraag ooreenstem.

“Gashere/hosts word volgens dienskategorieë saam gegroepeer sodat kliënte direk met gespesialiseerde amptenare in verbinding kan tree.”

Hy voeg by dat sodra hulle tot ’n sessie toegelaat word, mag gebruikers hul skerms deel en dokumente oplaai, insluitend rekeningnommers, foto’s van elektrisiteits- of watermeterlesings, of enige ondersteunende aanhegsels wat dringende en akkurate hulp vereis.

Die virtuele vergaderings sal Maandae tot Vrydae van 16:00–19:00 en Saterdae van 08:00–13:00 bedryf word. Dit sal nie op Sondae of openbare vakansiedae beskikbaar wees nie.

Om toegang vir rekeningverwante kwessies te verkry, kan inwoners en besighede van sewe toegewyde dienskategorieë kies:

Vir algemene navrae, sluit aan by Host 1 op Meeting ID 95664834215, Host 2 op 91973875450, Host 3 op 98524983901, Host 4 op 93410697430, of Host 5 op 91754015160.

Vir terugbetalingsreëlings, kan hul toegang verkry tot Host 1 op Meeting ID 93826227846 en Host 2 op 97744454876.

Besigheidsverwante navrae kan gerig word aan Host 1 op Meeting ID 94560999162.

Navrae oor eiendomstariewe kan op Meeting ID 91561224622 hanteer word.

Sosiale ontwikkelingsnavrae is beskikbaar deur Host 1 op Meeting ID 93071144128.

Navrae oor watermeterlesings kan op Meeting ID 94744014609 aangespreek word.

Elektrisiteits- en prepaid meternavrae kan opgelos word op Meeting ID 98797769028.

Modise bevestig dat die wagwoord vir alle vergaderings/meetings is ‘Outreach1’.

“Vir kliënte wat hulp benodig om toegang te verkry tot die Zoom-sessies, kan vir hulp vra deur ’n e-pos aan outreach20@tshwane.gov.za te stuur,” sê hy.

“Ons moedig alle inwoners en besighede met rekeningverwante kwessies aan om van hierdie geleentheid gebruik te maak om professionele hulp van ons Finansiële Dienste Groep-span te ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Tshiamo Boikhutso

Tshiamo is a junior journalist focusing on community news in Pretoria, particularly in the Centurion area. Tshiamo writes for the Centurion Rekord as well as Rekord’s online platforms.
Back to top button