Local newsSchools

Louis Leipoldt se flink dinkers beïndruk by Dink of Sink

Jong debatvoerders van agt laerskole in en om Pretoria het hul redenaars- en sprekerstalent ten toon gestel tydens AfriForum se eerste Dink of Sink onvoorbereide debatskompetisie vir die jaar.

Laerskoolleerders van regoor Pretoria het hul sprekerstalent en denkvermoë ten toon gestel tydens AfriForum se eerste Dink of Sink-onvoorbereide debatskompetisie vir die jaar, wat op 6 Februarie by Hoërskool Montana in Pretoria-Noord aangebied is.

Altesaam 72 leerders van agt laerskole het aan die kompetisie deelgeneem.

Vier-en-twintig spanne van Laerskool Anton van Wouw, Laerskool Constantiapark, Laerskool Hennopspark, Laerskool Louis Leipoldt, Laerskool Rynfield, Laerskool Wonderboom, Laerskool Concordia en Laerskool Pretoria-Oos het elk drie debatte gevoer oor ’n reeks onderwerpe wat onder meer onderrig en omgewingskwessies ingesluit het.

Volgens Nicolene Müller, AfriForum se projekkoördineerder vir Onderwys, het die deelnemers hulself besonder goed van hul taak gekwyt.

“Die leerders het hul vaardighede en selfvertroue duidelik ten toon gestel deur goed gestruktureerde argumente te voer, logiese redenasies te gebruik en sterk teenargumente te lewer. Talle debatteerders het ’n indrukwekkende vernuf vir debat getoon deur hul selfversekerde lyftaal, duidelike stemprojeksie en entoesiastiese benadering tot hul standpunte,” sê Müller.

Na afloop van die kompetisie is Laerskool Louis Leipoldt se Span 1, bestaande uit René Ferreira, Nina Nell en Helena Schabort, as die wenners aangewys.

Laerskool Rynfield van Benoni se Span 1, met Hendré van der Westhuizen, Callum Craig en Luther du Randt, het as naaswenners geëindig.

Müller sê die gehalte van openbare redevoering onder laerskoolleerders was besonders. “Die laerskooldebatteerders het beïndruk met hul vernuf vir openbare redevoering. Ons is opgewonde om te sien hoe hierdie kompetisie verder groei en jong sprekers help ontwikkel,” voeg sy by.

Die doel van die Dink of Sink-kompetisie is om Afrikaanse debatkuns op laerskool-, hoërskool- en universiteitsvlak te bevorder, terwyl dit terselfdertyd noodsaaklike vaardighede soos kritiese denke, selfvertroue en effektiewe kommunikasie aanleer.

AfriForum het in 2024 besluit om die kompetisie na laerskole in Gauteng uit te brei, wat graad 6- en 7-leerders nou ook die geleentheid bied om deel te neem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button