Community galleriesLocal news

Plaaslike inwoners deel hul sieninge oor maatskaplike werkers en hul impak

Terwyl die land Maatskaplike Werkersdag op 17 Maart vier, deel inwoners hul gedagtes oor die rol wat maatskaplike werkers speel om behoeftige gemeenskappe en of hul pogings die erkenning kry wat hulle verdien.

Pretoria vier op 17 Maart Maatskaplike Werkersdag..

Baie van ons lesers het besin oor hul begrip van die beroep en of maatskaplike werkers genoeg erkenning kry vir hul werk.

Thando Dlamini (23): “Hul rol in gemeenskap is baie belangrik, hulle hanteer al die sake wat niemand anders wil doen nie. Hulle verdien al die vriendlikheidheid/goedhartigheid.”

“Hul rol in die gemeenskap is baie belangrik, hulle sorg vir al die sake wat niemand anders wil doen nie. Hulle verdien al vriendelikheid/goedhartigheid,” sê Thando Dlamini.

Chelly Hillier (32): “Maatskaplike werkers word nie genoeg gevier nie, want hulle word gewoonlik gevrees en dikwels geassosieer met ‘iets of iemand wegvat. Ek dink hulle verdien baie meer krediet as wat ons hulle gee omdat hulle dinge teëkom wat ons nie kan trotseer nie.”

Chélly Hillier sê maatskaplike werkers word nie genoeg gevier nie, want hulle word gewoonlik gevrees en dikwels geassosieer met ‘iets of iemand wegvat’.

“Ek dink hulle verdien baie meer krediet as wat ons hulle gee omdat hulle dinge teëkom wat ons nie kan trotseer nie,” sê sy.

Bonginkosi Dlamini (31): “Die publiek kry nie genoeg blootstelling aan maatskaplike werk nie. Dlamini voel dat maatskaplike werkers nie genoeg platforms kry om hul werk ten toon te stel nie. Ek dink die regering moet meer klem lê daarop om mense die belangrikheid van maatskaplike werkers te leer. Daar is mense wat hul dienste benodig, maar hulle het nie die inligting nie.”

Bonginkosi Dlamini noem dat die publiek nie genoeg blootstelling kry aan maatskaplike werk nie. Dlamini voel dat maatskaplike werkers nie genoeg platforms kry om hul werk ten toon te stel nie.

“Ek dink die regering moet meer klem lê daarop om mense die belangrikheid van maatskaplike werkers te leer. Daar is mense wat hul dienste benodig, maar hulle het nie die inligting nie,” sê hy.

Patricia Ledwaba (50): “Maatskaplike werk is baie belangrik. Ek het onlangs ’n geval gehad waar my kind geboelie word. Ek dink maatskaplike werkers moet meer betrokke raak wanneer dit by afknouery in skole kom.”

Patricia Ledwaba reken dat maatskaplike werk baie belangrik is en noem dat sy onlangs ’n geval gehad het waar haar kind geboelie is. Sy voel dat maatskaplike werkers moet meer betrokke raak wanneer dit by afknouery in skole kom.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button