AdvertorialSchoolsSponsored

EDUPLEX is ‘n wêreldklas fasiliteit wat uitstekende onderrig bied aan kinders van Graad 0000 tot Graad 12

Die skool volg die IEB-kurrikulum en ontwikkel leeders se kritiese denkvaardighede asook selfwerksaamheid wat ‘n groot aanwins is vir latere tersiëre studies.

Klaskamers is toegerus met die nuutste tegnologies-gevorderde klaskamertegnologie wat onderandere insluit klaskamer versterkingsisteme, slimborde, Switserse mikroskope in die wetenskapklas en persoonlike kommunikasie sisteme.

EDUPLEX word wêreldwyd erken vir hul inklusiewe onderwysmodel en het al professionele persone van 47 lande opgelei in hulle model van inklusie. Die omvattende kurrikulum fokus op akademiese uitnemendheid wat gelei het tot 100% matriek slaagsyfer elke jaar vanaf die opening van die hoërskool 9 jaar gelede.

Tiano de Sousa, die hoogste presterende matriek student by EDUPLEX wat verlede jaar 9 onderskeidings behaal het, het sy dankbaarheid uitgespreek vir die skool se ondersteuning en die onderwysers wat uit hulle pad gegaan het om studente te help om hulle beste moontlike potensiaal te bereik.

EDUPLEX hou hulle Opedag op Vrydag 15 Maart om 15:00 en ouers en hulle kinders word genooi om self te kom kyk na die fasiliteite en besonderdere sportfasiliteite wat insluit een van die wêreld se grootste binnestedelike ‘Pump’ en bergfietsbane.

 

Vir meer inligting besoek www.eduplex.co.za of skale hulle by (012) 841-2000  

 
Back to top button