AdvertorialSchoolsSponsored

Welgedaan, Matrieks van 2023

#MontiesAKADEMIE , #MontiesBEETHECHANGE

Wanneer so ‘n groot groep soos die Montie-matrieks van 2023 se resultate geanaliseer word, is daar so baie belangrike elemente ter sprake. Sommige inligting laat ‘n knop in die keel van trots, en ander word dadelik geëvalueer vir potensiële verbetering.

Die suksesvolle Steve Jobs het gesê: “Quality is more important than quantity”. Ons leer ook by Wayne Dyer, wat gesê het: “If you change the way you look at things, the things you look at, change”.

Ons is trots, want daar is soveel ongelooflike goeie resultate – welgedaan, Matrieks van 2023!

273 Kandidate het die eksamen voltooi, waarvan 98% geslaag het met ‘n klasgemiddeld van 65,6%. 225 Leerders (84,3%) slaag met universiteitstoelating. 36 Leerders (13,5%) van die groep slaag met diplomavrystelling. Slegs 12 leerders uit ’n groep van 273 kan nie verder gaan studeer nie.

ONDERSKEIDINGS
Die groep behaal 383 x A-simbole, 455 x B-simbole en 431 x C-simbole (Alpha Wiskunde ingesluit). 3 leerders ontvang 8 onderskeidings, 7 leerders behaal ‘n voltal onderskeidings, 5 leerders behaal 6 onderskeidings, 10 leerders behaal 5 onderskeidings en 12 leerders behaal 4 onderskeidings.

Die Top 10 se gemiddeld is 91,2% en die Top 20 se gemiddeld is 87,8%. 8 Leerders se gemiddeld is bo 90%, met ‘n verdere 6 leerders se gemiddeld wat bo 85% is, ’n verdere 18 leerders met ’n gemiddeld bo 80%, ’n verdere 27 leerders met ’n gemiddeld bo 75% en ’n verdere 41 leerders met ’n gemiddeld bo 70%.

TOPPRESTEERDERS
Marika Taljaard is die toppresteerder, met ‘n gemiddeld van 95,7% en 8 onderskeidings. Marika was vanaf graad 8 deurlopend die toppresteerders in haar graad en sy spog met ’n gemiddeld van 95,04% vir haar hoërskoolloopbaan. Die Monties is geweldig trots op haar!

Afrikaans Huistaal – 98%
English FAL – 91%
Wiskunde – 94%
Fisiese Wetenskappe – 96%
Geografie – 97%
Lewenswetenskappe – 97%
Lewensoriëntering – 97%
GEMIDDELD – 95,7%
Alpha Wiskunde – 93%

Ons is net so trots op Anke Kirsten, ons nommer 2 kandidaat, met 94,1% en 7 onderskeidings. Monties se nommer 3-kandidaat is Mika Booysen met ’n gemiddeld van 92,0% en 8 onderskeidings (Alpha Wiskunde 93%). Duvan Jansen van Vuuren het ook 8 onderskeidings behaal (89,6%) – Alpha Wiskunde 87%. Nog 6 Monties het 7 onderskeidings verwerf: Morgaine Swaak (91,3%), Ivaan Koltzow (90,7%), Carla Oelofse (90,4%), Bontle Hlongwane (90,0%), Jaimee Wilkinson (89,4%) en Jacques Rawlins (87,4%).

VAKINLIGTING
Die vakgemiddeldes is ook iets waarop ons trots is. 2 Vakke het ‘n gemiddeld bo 75%, 4 vakke het ‘n gemiddeld bo 70%, 2 vakke bo 65% en 7 vakke bo 60%. 17 uit 23 vakke het ‘n 100%-slaagsyfer.

Gemiddelde kan beter in konteks gesien word wanneer die toepaslike hoeveelhede gemeld word:

  • Wiskunde: 154 leerders neem die vak, vakgemiddeld 56,9%, 92,9% slaagsyfer en 17 onderskeidings.
  • Fisiese Wetenskappe: 104 leerders, vakgemiddeld 59,1%, 91,3% slaagsyfer en 17 onderskeidings.
  • Rekeningkunde: 74 leerders, vakgemiddeld 70,7%, 98,6% slaagsyfer en 23 onderskeidings.
  • Lewenswetenskappe: 104 leerders, vakgemiddeld 60,1%, 98,1% slaagsyfer en 15 onderskeidings.

Baie geluk aan elke leerder en onderwyser en dankie vir julle harde werk, deursettingsvermoë en baie ekstra myle. Ons wens die Matriekklas van 2023 voorspoed toe met dit wat vir hulle voorlê. Mag julle drome waar word en mag julle die Montie-waardes altyd in julle harte saamdra, waar jul ook al gaan. Droom groot en hou aan GLO EN WERK!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

 
Back to top button