HTS John Vorster vier 100% slaagsyfer.
Met die oog op tegnologiese beroepe, wat steeds in aanvraag bly, bied HTS John Vorster al nege vakrigtings aan en spesialiseer in uitnemende tegnologiese onderwys.

2024 Het top matriekuitslae gelewer. Uit 177 matriekleerlinge behaal HTS John Vorster 100% slaagsyfer en 111 onderskeidings! 15 van 19 vakke het 100% slaagsyfer behaal en Wiskunde het ‘n gemiddeld van 70.1% behaal. IT se gemiddeld was 75% .
Afrikaans se gemiddeld is 64%. LOR het 38 onderskeidings gekry en IGO het 30 onderskeidings.
Dit is voorwaar uitslae om op trots te wees.
Die toppresteerder vir 2024 is Anco Visser. Hy het 7 onderskeidings behaal in Afrikaanse Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Siviele Tegnologie (Houtbewerk), Ingenieursgrafika en -ontwerp en Fisiese Wetenskap. Sy algehele gemiddeld is 91.86%.

Twee leerders het elk 5 onderskeidings behaal:

Jozelle Botha – Sy behaal onderskeidings in Afrikaanse HT, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Siviele Tegnologie (Konstruksie) en Ingenieursgrafika en -ontwerp.

Lian Pieterse – Afrikaans Huistaal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika en -ontwerp en Alpha Wiskunde.
Ons is baie trots op ons leerders, personeel en ouers. Dit is ’n wonderlike prestasie en in 2025 wil ons net van krag tot krag gaan.
