Laerskool Danie Malan lewer puik resultate!
Hierdie leerders het die beste akademiese en sports prestasies per graad bereik in 2024.

Dux leerders:
Hierdie leerders het die beste akademiese prestasie per graad bereik in 2024.
Gr. 7 Leanné Bester
Gr.6 Lesedi Molaudzi
Gr.5 Shanté Dobson
Gr.4 Valdine Rautenbach
Victrix Ludorum & Sportdoger: Malisha Scholtz
Malisha het die hoogste prestasie in sport behaal van al die dogters. Sy was 2de by die provinsiale atletiek byeenkoms en het Danie Malan verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe waar sy 8ste in die land geeindig het in Hoogspring. Ons is baie opgewonde om te sien wat Malisha in die toekoms gaan bereik
Malisha het puik presteer in Atletiek, Netbal en Hokkie. Sy het Nasionaal deelgeneem aan atletiek, die Inter-distrikspan behaal in Netbal en ook Provinsiale kleure in hokkie verwerf. Dit is duidelik dat Malisha skitter op die sportveld en ons weet sy gaan nog baie meer bereik in die Hoërskool
Victor Ludorum: Izak Vos
Izak neem deel in atletiek, rugby, krieket en landloop. Hy het op provinsiale vlak deelgeneem aan atletiek en ook Provinsiale kleure in landloop verwerf. Op die krieket en rugby veld lewer Izak ook altyd sy beste en is nie bang vir harde oefening nie.
Sportseun: Lenco Louw
Lenco Louw was gekies vir die Blou Bulle o/12 span waar hy Nasionaal deelgeneem het aan die Craven Week toernooi. Sy span het ‘n puik 2de plek Nasionaal behaal. Hy was ‘n sleutelspeler in die Blou Bulle 0/12 span en ons kan nie wag om hom eendag te sien as ‘n profesionele rugbyspeler nie.
Kultuurleerder: Isabella Coetzee
Isabella presteer puik in voordrag, redenaars, koor en revue. Sy word aangewys by verkeie kompetisies as die afdelingswenner en verwerf A++ en A+ vir meeste van haar items
Blou bulle: Lenco Louw, Jaivan Richter
Albei seuns is gekies om hul ouderdom vir die Blou Bulle span te speel.
Titans krieket: Dillan Hattingh
Dillan word verkies tot sy ouderdom se o/12 Titans span.
o/13A Netbal: Tshwane Distrikswenners
Ry 1 van links na regs: Omphile Malikane, Liela van der Westhuizen, Megan du Preez, Malisha Scholtz, Hailey Pienaar.
Ry 2 van links na regs: Demi Els, Liné van Zyl, Me. Charlene Jordaan, Me. Juanika Liebenberg, Marliné de Klerk, Larochelle van der Merwe.
o/12 A Netbal: Tshwane-Wes Distrikswenners
Lianie Potgieter, Ziané Brits, Kayla Weber, Lesedi Molaudzi, Cristal Nagel, Christine Kriel, Leja vd Berg,
Ry 2 van links na regs: Blessing Asiedu, Otie Makhoane, Miecke Fourie, Chanelle du Plessis, Me. Stefanie Beeslaar, Me. Judi Albasini, Cara van Wyk. Mieke Muller, Karla Visser, Ziané van Jaarsveld
Rugby: Ligawenners en Stadsbekerwenners
Ry 1 van voor links na regs: Ethan Bouaziz, Wouter Bosman, Mnr. Gerhard Pretorius, Chris Meyer, Franko Lewis, Mnr. Tiaan Beeslaar, Tylar Botha, Vaugh Stols,
Ry 2 van links na regs: AJ van Biljon, Junior Bonyolora, Dian Muller, Ndivhuho Nethonani, Juan Bezuidenhout, Keanu Kluyts, Ewin Grobler, Chayden Oosthuizen.
Ry 3 van links na regs: Peter Berry, Christopher van der Westhuizen, Luca Basson, Siminawe Langa, Cyle Lamprecht, Niclan Bezuidenhout
Sagtebal seuns o/12: Tshwane wenners (group photo on we transfer)
Ry 1 van links na regs: Nathan Lamprecht, Dylan van Aardt, Mnr. Bjarno van Zyl, Jayden Cilliers, Zinande Dhlamini.
Ry 2 van links na regs: Marius de Klerk, Paul-Franco Botha, Michael Kritzinger, Saul Oelofsen, Caleb de Lange, Jonathan de Lange, Judah Mphela.