AdvertorialSchools

Midstream College Matrieks Skitter

Midstream College se matriekgroep van 2024 het uitsonderlik in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamen presteer.

Nie net spog die 217 matrieks met ‘n 100%-slaagsyfer nie, maar hulle het altesaam 728 vakonderskeidings ingepalm, wat neerkom op 3,4 per leerder. Daarbenewens het hulle ‘n 99,1%-toelating tot B-graadstudies aan ‘n universiteit behaal. ‘n Verstommende 79 leerders het ‘n 80% algehele gemiddeld behaal. Die Klas van 2024 het die jaar op ‘n hoë noot met ‘n groepgemiddeld van 76,6% geëindig, ‘n uitsonderlike prestasie!

Aan individuele toppresteerders het dit ook nie ontbreek nie. Geen IEB-skool kan met meer leerders op die IEB se Toppresteerderslys spog as Midstream College nie – ‘n volle 13! Ruan van Tonder het met 11 onderskeidings geslaag, terwyl Cara-Renette Ponting met ‘n gemiddeld van 97,6% spog. Sewe Midstreamers het 10 onderskeidings elk behaal, vier het elk nege onderskeings behaal en 12 spog met 8 A’s. ‘n Verdere 16 kandidate het elk 7 onderskeidings ingeoes.

Dié skitteruitslae sou nie moontlik gewees het sonder die toegewyde personeel, die hardwerkende leerders en die ondersteunende ouers nie. Ons wens al die Midstreammatrieks van 2024 die allerbeste vir die toekoms toe.

 

Home

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button